Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | LUISTER ENIGIEMAND AS JY BID?

Waarom bid mense?

Waarom bid mense?

“Ek het baie gedobbel. Ek het gebid om ’n fortuin te wen. Dit het nooit gebeur nie.”—Samuel, * Kenia.

“Op skool het ons net die gememoriseerde gebede opgesê wat ons geleer is.”—Teresa, die Filippyne.

“Ek bid wanneer ek probleme het. Ek bid dat God my sondes moet vergewe en om ’n beter Christen te wees.”—Magdalene, Ghana.

Samuel, Teresa en Magdalene se woorde toon dat mense bid om verskeie redes, party beter as ander. Sommige mense se gebede kom uit die hart; ander bevat amper geen emosie nie. Maar hetsy hulle bid om eksamens te slaag, dat hulle gunstelingspan moet wen, vir God se leiding in hulle gesinslewe of om ’n magdom ander redes, honderdmiljoene mense het ’n behoefte aan gebed. Om die waarheid te sê, studies toon dat selfs party wat nie aan ’n godsdiens behoort nie, gereeld bid.

Bid jy? Indien wel, waarvoor bid jy? Hetsy dit jou gewoonte is om te bid of nie, jy wonder dalk: ‘Is dit werklik die moeite werd om te bid? Luister enigiemand?’ ’n Skrywer het gesê dat gebed net “’n vorm van terapie is . . . soos om met jou [troeteldier] te praat”. Party mediese deskundiges het ’n soortgelyke beskouing en noem gebed ’n vorm van “alternatiewe geneeskunde”. Is gebed net ’n sinlose ritueel of is dit ten beste ’n soort terapie waarby mense baat vind?

In teenstelling hiermee toon die Bybel dat gebed beslis nie net ’n vorm van terapie is nie. Dit sê vir ons dat iemand werklik luister wanneer ons op die regte manier en vir die regte dinge bid. Is dit waar? Kom ons kyk na die bewyse.

^ par. 3 Van die name is verander.