Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

God se naam (verlig) soos dit in ’n eertydse Bybelmanuskrip verskyn

Wat sê die Bybel?

Wat sê die Bybel?

Het God ’n naam?

PARTY MENSE SÊ dat hy nie ’n naam het nie, ander sê dat sy naam God of Here is, en nog ander sê dat hy tientalle name het. Wat dink jy?

WAT DIE BYBEL SÊ

“U, wie se naam Jehovah is, u alleen [is] die Allerhoogste oor die hele aarde.”—Psalm 83:18.

WAT KAN ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER?

  • Hoewel God baie titels het, het hy homself net een naam gegee.—Eksodus 3:15.

  • God is nie ’n verborgenheid nie; hy wil hê dat ons hom moet leer ken.—Handelinge 17:27.

  • As ons God se naam ken, kan dit die eerste stap tot ’n vriendskap met hom wees.—Jakobus 4:8.

Is dit verkeerd om God se naam uit te spreek?

WAT SOU JY SÊ?

  • Ja

  • Nee

  • Dit hang af

WAT DIE BYBEL SÊ

“Jy mag die naam van Jehovah jou God nie op onwaardige wyse gebruik nie” (Eksodus 20:7). Dit is slegs verkeerd om God se naam te gebruik as dit op ’n oneerbiedige wyse gebruik word.—Jeremia 29:9.

WAT KAN ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER?