Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat sê die Bybel?

Wat sê die Bybel?

Wie of wat is die Duiwel?

SOU JY SÊ dat die Duiwel . . . 

  • ’n geespersoon is?

  • ’n simbool is van die boosheid in mense?

  • net in mense se verbeelding bestaan?

WAT DIE BYBEL SÊ

Die Duiwel het met Jesus gepraat en hom “versoek” (Matteus 4:1-4). Die Duiwel bestaan dus nie net in mense se verbeelding nie, en hy is ook nie net ’n simbool van boosheid nie. Hy is ’n bose geespersoon.

WAT KAN ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER?

  • Die Duiwel was oorspronklik ’n heilige engel, maar “hy het nie in die waarheid vasgestaan nie” (Johannes 8:44). Hy het ’n leuenaar geword en teen God in opstand gekom.

  • Ander engele het by Satan se opstand aangesluit.​—Openbaring 12:9.

  • Die Duiwel verblind baie mense sodat hulle nie glo dat hy bestaan nie.​—2 Korintiërs 4:4.

Kan die Duiwel mense beheer?

PARTY MENSE SÊ dat dit net ’n storie is dat die Duiwel mense kan beheer, terwyl ander weer baie bang is dat bose geeste in hulle sal invaar. Wat dink jy?

WAT DIE BYBEL SÊ

“Die hele wêreld lê in die mag van die bose” (1 Johannes 5:19). Die Duiwel het ’n groot invloed op die mensdom, maar hy beheer nie elke persoon nie.

WAT KAN ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER?

  • Die Duiwel probeer mense mislei sodat hy sy invloed kan vergroot.​—2 Korintiërs 11:14.

  • Bose geeste kan in sommige gevalle mense beheer.​—Matteus 12:22.

  • Met God se hulp kan jy ‘die Duiwel teëstaan’.​—Jakobus 4:7.