Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat dink jy?

Wat dink jy?

Kan die Bybel jou help om God se vriend te word?

PARTY MENSE GLO . . .

dat hulle nie God se vriend kan wees nie omdat hulle te veel verkeerde dinge doen of vol sonde is. Ander mense sê dat God nie vir ons omgee nie. Wat dink jy?

WAT DIE BYBEL SÊ

God se “intimiteit is met die regskapenes” (Spreuke 3:32). As ons aan God gehoorsaam is, kan ons sy vriende word.

WAT KAN ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER?

  • God wil ons Vriend wees. — Jakobus 4:8.

  • As ons Vriend staan God reg om ons te help en te vergewe. — Psalm 86:5.

  • God se vriende is lief vir die dinge waarvoor hy lief is en haat die dinge wat hy haat. — Romeine 12:9.