Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Waar was God?”

“Waar was God?”

“DIE VRAAG KOM HEELTYD OP: WAAR WAS GOD?” — Pous Benediktus XVI, terwyl hy die konsentrasiekamp by Auschwitz, Poland, besoek het.

AS SLEGTE DINGE GEBEUR, WONDER JY DALK: ‘WAAR WAS GOD?’ OF AS IETS TRAUMATIES IN JOU LEWE GEBEUR, WONDER JY OF GOD PERSOONLIK VIR JOU OMGEE?

Dalk voel jy soos Sheila, wat in die Verenigde State woon. Sy het in ’n baie godsdienstige huis grootgeword. Sy sê: “Ek wou van kleins af nader aan God kom, want hy is ons Skepper. Maar ek het nooit na aan hom gevoel nie. Ek het gedink dat hy my dophou, maar van ’n afstand. Ek het nie gedink dat God my haat nie, maar ek het ook nie geglo dat hy vir my omgee nie.” Hoekom het Sheila twyfelgedagtes gehad? Sy verduidelik: “My gesin het deur die een ding na die ander ding gegaan, en dit het gelyk asof God ons glad nie help nie.”

Soos Sheila, is jy dalk seker dat God die Almagtige bestaan. Maar jy wonder dalk of hy regtig vir jou omgee. Die regverdige man Job, wat geglo het in die Skepper se krag en wysheid, het ook twyfelgedagtes gehad (Job 2:3; 9:4). Nadat Job deur die een slegte ding na die ander gegaan het en dinge hopeloos gelyk het, het hy God gevra: “Waarom verberg u u aangesig en beskou u my as ’n vyand van u?” — Job 13:24.

Wat sê die Bybel? Is dit God se skuld wanneer slegte dinge gebeur? Is daar enige bewyse dat God vir mense oor die algemeen en vir elkeen van ons omgee? Kan enigeen van ons regtig weet of hy ons raaksien, ons verstaan, meegevoel met ons het of ons met ons probleme help?

In die volgende artikels sal ons kyk na wat die skepping ons leer oor die feit dat God vir ons omgee (Romeine 1:20). Dan sal ons kyk na wat die Bybel hieroor sê. Hoe meer jy God “leer ken” deur middel van sy skepping en sy Woord, hoe meer sal jy verseker word dat hy vir jou omgee. — 1 Johannes 2:3; 1 Petrus 5:7.