Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vrae van lesers

Vrae van lesers

Moet regterlike stappe gedoen word as ’n man en ’n vrou wat nie met mekaar getroud is nie, onder ongepaste omstandighede ’n nag saam deurgebring het?

Ja, as daar nie goeie redes is waarom hulle die nag alleen deurgebring het nie, sal ’n regterlike komitee gevorm word omdat daar geldige rede is om te glo dat seksuele sonde gepleeg is. — 1 Kor. 6:18.

Die liggaam van ouer manne ondersoek elke situasie noukeurig om te besluit of dit nodig is om ’n regterlike komitee te vorm. Byvoorbeeld: Is hulle in ’n romantiese verhouding? Het hulle al voorheen raad gekry oor hulle gedrag teenoor mekaar? Watter omstandighede het daartoe gelei dat hulle die nag saam deurgebring het? Het hulle beplan om dit te doen? Het hulle nie ’n ander opsie gehad nie? Het iets gebeur waaroor hulle nie beheer gehad het nie, soos ’n noodgeval wat veroorsaak het dat hulle die nag saam moes deurbring? (Pred. 9:11). Waar het elkeen van hulle geslaap? Omdat elke situasie anders is, is daar dalk ander faktore wat die ouer manne in ag sal neem.

Nadat die liggaam van ouer manne vasgestel het wat al die feite is, sal hulle besluit of dit nodig is om regterlike stappe te doen.