Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Watter geskenk kan ons aan Jehovah gee?

Watter geskenk kan ons aan Jehovah gee?

JESUS het eenkeer gesê: “Dit verskaf groter geluk om te gee as om te ontvang” (Hand. 20:35). Hierdie eenvoudige waarheid beïnvloed ons verhouding met Jehovah. Hoekom sê ons so? Jehovah het vir ons baie geskenke gegee wat ons gelukkig maak, maar wanneer ons vir Jehovah ’n geskenk gee, kan dit ons nóg gelukkiger maak. Watter geskenk kan ons aan Jehovah gee? Spreuke 3:9 sê: “Eer Jehovah met jou waardevolle dinge.” Ons “waardevolle dinge” sluit ons tyd, ons talente, ons krag en ons besittings in. Wanneer ons hierdie dinge gebruik om ware aanbidding te bevorder gee ons vir Jehovah ’n geskenk. En wanneer ons dit doen, maak dit ons baie gelukkig.

Wanneer dit kom by ons materiële middele, wat sal ons help om nie te vergeet om ons geskenk aan Jehovah te gee nie? Die apostel Paulus het vir die Korintiërs gesê dat hulle ‘iets opsy moet sit’ as ’n bydrae (1 Kor. 16:2). Hoe kan jy meer uitvind oor die verskillende maniere waarop jy plaaslik ’n donasie kan maak? Kyk gerus na die venster hieronder.

Aanlyn donasies kan nie in alle lande gemaak word nie. Maar gaan na die donasie-webblad vir inligting oor hoe jy op ander maniere ’n donasie kan maak. In party lande is daar ’n dokument op hierdie webblad wat antwoorde gee op algemene vrae oor donasies.