Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die waarheid oor die Koninkryk van God

Die waarheid oor die Koninkryk van God

Jesus het sy volgelinge geleer om te bid: “Ons Vader in die hemel, laat u naam geheilig word. Laat u Koninkryk kom. Laat u wil plaasvind op die aarde, net soos in die hemel” (Matteus 6:9, 10). Wat is God se Koninkryk? Wat doen dit? En hoekom moet ons daarvoor bid?

Jesus is die Koning van God se Koninkryk.

Lukas 1:31-33: “Jy moet hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word, en Jehovah God sal hom die troon van sy vader Dawid gee, en hy sal vir ewig as Koning oor die huis van Jakob regeer, en daar sal geen einde aan sy Koninkryk wees nie.”

Die Koninkryk was die hooftema waaroor Jesus gepreek het.

Matteus 9:35: “Jesus het op ’n reis gegaan deur al die stede en dorpies en mense in hulle sinagoges geleer en die goeie nuus van die Koninkryk verkondig en elke soort siekte en elke soort kwaal genees.”

Jesus het vir sy dissipels ’n teken gegee sodat hulle kon weet wanneer die Koninkryk sou kom.

Matteus 24:7: “Want nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk, en daar sal voedseltekorte en aardbewings op die een plek ná die ander wees.”

Jesus se dissipels preek nou regoor die wêreld oor die Koninkryk.

Matteus 24:14: “Hierdie goeie nuus van die Koninkryk sal oor die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies, en dan sal die einde kom.”