Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Herders wat hulle bes doen om Jehovah se volk te help

Herders wat hulle bes doen om Jehovah se volk te help

Baie mense vertrou nie dié wat gesag het nie. Ons kan hulle nie daarvoor blameer nie. Mense misbruik al jare lank hulle gesag om hulleself te bevoordeel (Mi 7:3). Ons is baie dankbaar dat ouermanne in die gemeente opgelei word om hulle gesag te gebruik om Jehovah se volk te bevoordeel. – Est 10:3; Mt 20:​25, 26.

Anders as dié wat gesag in die wêreld het, dien ouermanne as opsieners omdat hulle lief is vir Jehovah en sy volk (Joh 21:16; 1Pe 5:​1-3). Onder Jesus se leiding, help hierdie herders elke verkondiger om deel te voel van Jehovah se familie van aanbidders en om na aan Jehovah te bly. Hulle is gou om Jehovah se skape aan te moedig of om te help wanneer daar ’n mediese noodgeval of ramp is. As jy hulp nodig het, kan jy ’n ouerman in jou gemeente kontak om jou te help. – Jak 5:14.

KYK NA DIE VIDEO HERDERS WAT VIR DIE SKAPE SORG, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het die hulp van die ouermanne Mariana gehelp?

  • Hoe het die hulp van die ouermanne Elias gehelp?

  • Hoe voel jy oor die werk wat ouermanne doen nadat jy hierdie video gekyk het?