Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Gebruik die JW.ORG-tuisblad in jou bediening

Gebruik die JW.ORG-tuisblad in jou bediening

Die tuisblad van ons webwerf het artikels en video’s wat ontwerp is om die aandag te trek van opregte mense wat nie Jehovah se Getuies is nie (Han 13:48). Dit bespreek baie keer onderwerpe wat in die nuus is of waaroor mense dink en praat.

Hoe kan jy die jw.org-tuisblad in jou bediening gebruik?

  • Kyk gereeld na die webwerf. Kyk na wat nou beskikbaar is, en dink hoe jy dit kan gebruik om iemand te help wat belangstel. (Om ander artikels en video’s te vind wat onlangs op die tuisblad verskyn het, kliek op “Sien meer”.) As jy op datum bly met wat op die webwerf is, sal dit jou help om nuwe idees te hê om in die bediening te gebruik.

  • Gebruik artikels en video’s wat op die tuisblad verskyn om ’n gesprek te begin. Hierdie artikels en video’s kan ons dalk help om te weet waaraan mense in die gebied dink.

  • Wys vir mense die tuisblad. Verwys na spesifieke onderwerpe en wys vir die persoon hoe om die inligting op die webwerf te vind.

  • Stuur ’n skakel. Party mense wil nie in persoon met ons praat nie, maar hulle sal ons webwerf besoek. So stuur gerus ’n skakel na die tuisblad of ’n spesifieke artikel of video wat op die tuisblad verskyn aan belangstellendes.