Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Ouers – Help jou kinders om die wysheid van God te kry

Ouers – Help jou kinders om die wysheid van God te kry

Een van die beste maniere waarop ouers hulle kinders kan help om die wysheid van God te kry, is deur hulle te help om by Christelike vergaderinge baat te vind. Wat jongmense by vergaderinge sien, hoor en in hulle antwoorde by die vergaderinge sê, kan hulle help om meer oor Jehovah te leer en sy vriend te word (De 31:​12, 13). As jy ’n ouer is, hoe kan jy jou kind help om meer by die vergaderinge te leer?

  • Doen jou bes om vergaderinge by die Koninkryksaal by te woon. – Ps 22:22.

  • Maak seker dat jy voor en ná die vergadering tyd saam met jou broers en susters by die Koninkryksaal spandeer. – Heb 10:25.

  • Maak seker dat elkeen in die gesin sy eie digitale of gedrukte publikasie het wat by die vergadering studeer word

  • Help jou kind om ’n antwoord in sy of haar eie woorde voor te berei. – Mt 21:​15, 16.

  • Wees positief oor die vergaderinge en wat ons daar leer

  • Help jou kinders om betrokke te raak by aktiwiteite soos om die Koninkryksaal skoon te maak en om met ouer persone in die gemeente te gesels

Om jou kinders te help om nader aan Jehovah te kom, is harde werk en soms kan jy dalk oorweldig voel. Maar jy kan seker wees dat Jehovah jou sal help. – Jes 40:29.

KYK NA DIE VIDEO OUERS MOET OP JEHOVAH EN SY KRAG VERTROU, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter uitwerking het moegheid op Zack en Leah gehad?

  • Hoekom moet ouers Jehovah vra om hulle krag te gee?

  • Op watter maniere het Zack en Leah op Jehovah vertrou om hulle te help?