Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Almal wil ’n beter toekoms hê

Almal wil ’n beter toekoms hê

Watter soort toekoms wil jy hê? Net soos die meeste mense wil jy ook sekerlik ’n beter toekoms vir jouself en jou gesin hê – ’n toekoms met geluk, goeie gesondheid, vrede en voorspoed.

Maar baie mense twyfel dat hulle die toekoms sal kry wat hulle wil hê. Hulle het gesien hoe dinge – soos die COVID-19-pandemie – skielik en onverwags gebeur het. Dit het ’n slegte uitwerking op die gemeenskap gehad, armoede veroorsaak en selfs mense doodgemaak. En daarom is hulle bekommerd dat hulle nie ’n beter toekoms sal hê nie.

As gevolg van die onsekerheid soek mense na iets wat hulle sal help om ’n beter toekoms te kry. Sommige mense vertrou op onsigbare dinge soos die noodlot, wat beteken dat alles in hulle lewe vooruitbeplan is. Baie dink dat opvoeding en rykdom ’n waarborg is dat hulle alles sal kry wat hulle wil hê. Ander voel dat jy net ’n goeie mens moet wees om ’n goeie lewe te geniet.

Sal enige van hierdie opsies jou help om ’n beter toekoms te hê? Om uit te vind, moet jy aan die volgende vrae dink:

  • Wat bepaal regtig jou toekoms?

  • Kan opvoeding en geld ’n beter lewe waarborg?

  • Sal jy ’n beter toekoms hê net omdat jy ’n goeie mens is?

  • Waar kan jy ’n betroubare gids kry wat jou kan help om ’n beter toekoms te hê?

Hierdie uitgawe van Die Wagtoring kan jou help om die antwoorde te vind.