Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Is daar ’n betroubare gids wat jou kan help om ’n beter toekoms te hê?

Is daar ’n betroubare gids wat jou kan help om ’n beter toekoms te hê?

Soos in die vorige artikels bespreek is, het mense probeer om ’n beter toekoms te vind deur hulle vertroue te sit op dinge soos die noodlot, opvoeding, rykdom en om ’n goeie mens te wees. Maar as jy op hierdie dinge vertrou, is dit soos om ’n kaart te gebruik wat nie akkuraat is nie om by ’n bestemming uit te kom. Is daar wel ’n betroubare gids vir die toekoms? Ja!

HULP VAN DIE BESTE BRON

Wanneer ons besluite maak, vra ons gewoonlik iemand wat ouer en wyser as ons is om ons te help. Net so kan ons betroubare hulp vir ons toekoms kry by ’n Bron wat baie ouer en wyser as ons is. Ons kan Sy raad lees in ’n boek wat omtrent 3 500 jaar gelede begin skryf is. Hierdie boek word die Bybel genoem.

Hoekom kan jy die Bybel vertrou? Want die Skrywer daarvan is die oudste en wysste Persoon in die heelal. Hy word beskryf as “die Oue van Dae” wat “van ewigheid tot ewigheid” is (Daniël 7:9; Psalm 90:2). Hy is “die Skepper van die hemele, die ware God, die Een wat die aarde gevorm het” (Jesaja 45:18). Hy sê vir ons dat sy naam Jehovah is. – Psalm 83:18.

Die Bybel sê nie dat een kultuur of ras beter as ’n ander is nie. Dit is omdat die Bybel van die Een af kom wat alle mense geskep het. Die raad daarin help altyd en het mense in alle lande bevoordeel. Dit is in meer tale beskikbaar en het ’n groter verspreiding as enige ander boek. * Dit beteken dat alle mense dit maklik kan verstaan en daardeur gehelp kan word. Hierdie feite stem ooreen met wat die Bybel sê:

“God [is] nie partydig . . . nie. In elke nasie is die mens wat hom vrees en doen wat reg is, vir hom aanvaarbaar.” – HANDELINGE 10:34, 35.

Net soos liefdevolle ouers hulle kinders help, is Jehovah God ’n liefdevolle Vader wat ons deur middel van sy Woord, die Bybel, help (2 Timoteus 3:16). Jy kan sy Woord vertrou omdat hy ons geskep het en weet wat ons gelukkig sal maak.

Wat het jy nodig om seker te wees van so ’n toekoms? Kyk na die volgende artikel.

^ par. 6 Vir meer inligting oor die vertaling en verspreiding van die Bybel, gaan na www.pr418.com/af en kyk onder BYBELLERINGE > DIE GESKIEDENIS EN DIE BYBEL.

^ par. 16 Vir meer inligting, sien hoofstuk 9 van die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n?, uitgegee deur Jehovah se Getuies. Dit is aanlyn beskikbaar by www.pr418.com/af. Kyk onder BIBLIOTEEK > BOEKE & BROSJURES.