Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy hierdie jaar se nommers van Die Wagtoring goed deurgelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Watter versekering gee Jakobus 5:11 ons wanneer dit sê dat Jehovah “baie liefdevol en genadig” is?

Ons weet dat Jehovah ons sondes vergewe omdat hy genadig is. Jakobus 5:11 verseker ons ook dat hy ons wil help omdat hy ons liefhet. Ons wil graag sy voorbeeld navolg. – w21.01, bl. 21.

Hoekom het Jehovah die hoofskapreëling ingestel?

Hy het dit uit liefde gedoen. Die hoofskapreëling maak dit vir sy getroue familie moontlik om vrede te kan hê en om ordelik te kan wees. Elke gesinslid wat die hoofskapreëling respekteer, weet wie die finale besluit moet maak en wie die leiding moet neem om daardie besluit uit te voer. – w21.02, bl. 3.

Hoekom moet Christene versigtig wees as hulle besluit om boodskap-apps te gebruik?

As iemand kies om gebruik te maak van sulke apps, moet hy sy assosiasie versigtig kies. Dit is moeiliker om dit te doen wanneer dit kom by groot boodskapgroepe (1 Tim. 5:13). Daar is ook die gevaar om stories te versprei wat nie bevestig kan word nie en om ons broers en susters te gebruik om geld te maak. – w21.03, bl. 31.

Wat is ’n paar redes hoekom God toegelaat het dat Jesus wreed mishandel word en sterf?

Eerstens, Jesus moes aan ’n paal sterf om die Jode van ’n spesiale vloek te bevry (Gal. 3:10, 13). Tweedens, Jehovah was besig om Jesus op te lei vir sy toekomstige rol as Hoëpriester. En derdens, die feit dat Jesus tot die dood toe getrou gebly het, bewys dat mense getrou kan bly, al word hulle erg getoets (Job 1:9-11). – w21.04, bl. 16-17.

Wat kan jy doen wanneer jy in ’n gebied preek waar jy sukkel om mense in die hande te kry?

Jy kan probeer om hulle in die hande te kry op ’n tyd wanneer hulle heel moontlik by die huis sal wees. Jy kan ook probeer om op ’n ander plek te preek. En jy kan ’n ander metode probeer, soos om briewe te skryf. – w21.05, bl. 15-16.

Wat het die apostel Paulus bedoel toe hy gesê het: “Deur die wet het ek gesterf ten opsigte van die wet”? (Gal. 2:19).

Die Wet van Moses het mense se onvolmaaktheid openbaar gemaak, en dit het die Israeliete help besef dat Jesus die Christus is (Gal. 3:19, 24). Dit het Paulus beweeg om die Christus te aanvaar. Toe hy dit gedoen het, het hy “gesterf ten opsigte van die wet”. Die Wet het nie meer mag oor hom gehad nie. – w21.06, bl. 31.

Hoekom is Jehovah vir ons ’n goeie voorbeeld van volharding?

Jehovah sien hoe sy naam sonder respek behandel word, hoe sy reg om te regeer teëgestaan word, hoe party van sy kinders teen hom in opstand kom en hoe die Duiwel aanhoudend leuens oor hom versprei. Hy sien hoe sy knegte swaarkry en hoe mense onderdruk word en skandelike dinge doen. Hy sien ook hoe sy skeppingswerke vernietig word, en hy mis sy vriende wat gesterf het. Maar Hy het dit alles verduur. – w21.07, bl. 9-12.

Hoe het Josef vir ons ’n goeie voorbeeld gestel wanneer dit kom by geduld?

Josef se broers het hom baie sleg behandel. As gevolg van wat hulle gedoen het, is hy later valslik beskuldig en vir baie jare in ’n tronk in Egipte opgesluit. – w21.08, bl. 12.

Watter figuurlike skudding word in Haggai 2:6-9, 20-22 voorspel?

Die nasies reageer negatief op die Koninkryksboodskap, maar baie mense is al na die waarheid toe getrek. Binnekort sal die nasies vir die laaste keer geskud word wanneer hulle vernietig word. – w21.09, bl. 15-19.

Hoekom moet ons nie ophou om velddiens te doen nie?

Jehovah sien wat ons in die bediening doen, en dit maak sy hart bly. As ons nie moeg word of ophou nie, sal ons die ewige lewe kry. – w21.10, bl. 25-26.

Hoe kan Levitikus hoofstuk 19 ons help om die raad toe te pas: “Word heilig in al julle gedrag”? (1 Pet. 1:15).

Daardie vers is heel moontlik ’n aanhaling uit Levitikus 19:2. Hoofstuk 19 gee vir ons baie voorbeelde van hoe ons die raad in 1 Petrus 1:15 in ons daaglikse lewe kan toepas. – w21.12, bl. 3-4.