Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIEARTIKEL 27

“Hoop op Jehovah”

“Hoop op Jehovah”

“Hoop op Jehovah. Wees moedig en sterk van hart.” – PS. 27:14.

LIED 128 Volhard tot die einde toe

IN HIERDIE ARTIKEL *

1. (a) Watter hoop het Jehovah ons gegee? (b) Wat beteken dit om ‘op Jehovah te hoop’? (Sien “Wat dit beteken”.)

 JEHOVAH het vir almal wat hom liefhet, ’n pragtige hoop gegee. Binnekort sal hy ’n einde maak aan siekte, hartseer en die dood (Op. 21:3, 4). Hy sal “die nederiges” wat op hom hoop, help om die aarde in ’n paradys te verander (Ps. 37:9-11). En hy sal dit vir elkeen van ons moontlik maak om ’n sterk, persoonlike verhouding met hom te hê wat selfs wonderliker sal wees as die een wat ons nou het. Wat ’n ongelooflike hoop! Maar hoekom kan ons glo dat God se beloftes sal waar word? Jehovah breek nooit ’n belofte nie. Daarom het ons goeie rede om ‘op Jehovah te hoop’ (Ps. 27:14). * Ons doen dit deur geduldig en vreugdevol vir ons God te wag om sy beloftes vir die toekoms na te kom. – Jes. 55:10, 11.

2. Wat het Jehovah reeds gedoen?

2 Jehovah het reeds bewys dat hy sy beloftes nakom. Kom ons kyk na een uitstekende voorbeeld. In die boek Openbaring het Jehovah belowe dat hy in ons dag mense uit elke nasie en stam en taal bymekaar sou bring en dat hy hulle in ware aanbidding sou verenig. Vandag is daardie spesiale groep mense bekend as die “groot menigte” (Op. 7:9, 10). Al bestaan hierdie groep uit mans, vrouens en kinders van verskillende rasse, met verskillende tale en agtergronde, is hulle ’n vreedsame, verenigde wêreldwye broederskap (Ps. 133:1; Joh. 10:16). Lede van die groot menigte is ook ywerige predikers. Hulle is altyd gereed om hulle hoop op ’n beter wêreld te deel met enige iemand wat sal luister (Matt. 28:19, 20; Op. 14:6, 7; 22:17). As jy deel van die groot menigte is, is die hoop op ’n beter toekoms beslis baie spesiaal vir jou.

3. Wat wil Satan doen?

3 Die Duiwel wil jou van jou hoop beroof. Hy wil jou laat glo dat Jehovah nie vir jou omgee nie en dat Hy nie sy beloftes sal hou nie. As Satan dit regkry om ons van ons hoop te beroof, sal ons moed verloor, en ons sal dalk selfs ophou om Jehovah te dien. Soos ons sal sien, het die Duiwel Job van sy hoop probeer beroof en hom probeer kry om op te hou om Jehovah te dien.

4. Wat sal ons in hierdie artikel bespreek? (Job 1:9-12)

4 In hierdie artikel sal ons kyk na die taktieke wat Satan gebruik het om Job te probeer dwing om sy integriteit te breek. (Lees Job 1:9-12.) Ons sal ook bespreek wat ons uit Job se voorbeeld kan leer en hoekom ons moet onthou dat God ons liefhet en Sy beloftes sal nakom.

SATAN HET PROBEER OM JOB HOOP TE LAAT VERLOOR

5-6. Wat het in ’n kort tydjie met Job gebeur?

5 Job het ’n baie goeie lewe gehad. Hy het ’n goeie vriendskap met Jehovah gehad. Hy het ’n groot, gelukkige gesin gehad, en hy was baie ryk (Job 1:1-5). Maar in net een dag het Job amper alles verloor. Eerstens het hy sy rykdom verloor (Job 1:13-17). Toe is al sy geliefde kinders dood. Dink vir ’n oomblik aan daardie tragedie. Ouers is verpletter wanneer een van hulle kinders sterf. So dink net hoe geskok, hartseer en hopeloos Job en sy vrou gevoel het toe hulle uitvind dat al tien hulle kinders dood is. Dit is geen wonder dat Job sy klere geskeur het en op die grond neergeval het nie. – Job 1:18-20.

6 Toe het Satan Job se gesondheid aangeval en hom van sy waardigheid beroof (Job 2:6-8; 7:5). Op een stadium het mense in Job se gemeenskap baie respek vir hom gehad. Mense het na hom toe gekom vir raad (Job 31:18). Nou het hulle hom vermy. Sy broers, sy goeie vriende en selfs sy eie huisknegte het hom verwerp. – Job 19:13, 14, 16.

Vandag kan baie broers en susters verstaan hoe Job gevoel het toe hy deur moeilike tye gegaan het (Sien paragraaf 7) *

7. (a) Wat was volgens Job die rede vir sy lyding, maar wat het hy geweier om te doen? (b) Watter uitdaging kan ’n Christen dalk deurmaak wat soortgelyk is aan wat ons in die prent kan sien?

7 Satan wou Job laat glo dat hy ly omdat hy Jehovah se goedkeuring verloor het. Byvoorbeeld, Satan het ’n sterk wind gebruik om die huis te vernietig waar Job se tien kinders ’n maaltyd saam geëet het (Job 1:18, 19). Hy het ook vuur uit die hemel laat kom wat nie net Job se diere vernietig het nie, maar ook die knegte wat na hulle gekyk het (Job 1:16). Omdat die wind en vuur uit die hemel gekom het, het Job gedink dat dit van Jehovah af moes gekom het. En daarom het Job gedink dat hy Jehovah kwaad gemaak het. Maar tog het Job geweier om sy hemelse Vader te vervloek. Job het erken dat hy oor die jare baie goeie dinge van Jehovah ontvang het. So hy het gedink dat as hy die goeie aanvaar het, hy ook bereid moet wees om die slegte te aanvaar. Daarom het hy gesê: “Laat die naam van Jehovah altyd geloof word” (Job 1:20, 21; 2:10). Tot op daardie punt het Job dit reggekry om die finansiële, emosionele en fisiese uitdagings te hanteer. Maar Satan was nog nie klaar met hom nie.

8. Watter taktiek het Satan volgende op Job gebruik?

8 Satan het nog ’n taktiek op Job gebruik. Hy het drie valse vriende gebruik om Job waardeloos te laat voel. Hierdie manne het gesê dat Job ly omdat hy baie verkeerde dinge gedoen het (Job 22:5-9). Hulle wou Job ook laat glo dat al die goeie dinge wat hy gedoen het nie vir God saak gemaak het nie (Job 4:18; 22:2, 3; 25:4). Hulle wou Job eintlik laat dink dat God hom nie liefhet nie, dat Hy nie vir hom sou sorg nie en dat dit geen waarde gehad het om Hom te dien nie. Hulle woorde kon Job laat voel het asof sy situasie hopeloos was.

9. Wat het Job gehelp om moedig en sterk te wees?

9 Dink aan die volgende toneel. Job sit in die as, en hy is in konstante pyn (Job 2:8). Sy vriende bly sê dat hy nie ’n goeie persoon is nie en dat niks wat hy al ooit gedoen het, waardevol is nie. Sy probleme voel soos ’n berg op sy skouers, en sy hart is gebreek oor die dood van sy kinders. Eers sê Job niks nie (Job 2:13–3:1). As Job se vriende dink dat dit ’n teken is dat hy sy rug op sy Skepper gaan draai, maak hulle ’n groot fout. Op een stadium het Job – terwyl hy moontlik sy kop opgelig het en reguit na sy valse vriende gekyk het – gesê: “Totdat ek sterf, sal ek nie my integriteit prysgee nie!” (Job 27:5). Wat het Job gehelp om so moedig en sterk te wees al het hy so gely? Selfs toe hy op sy laagste was, het hy nooit hoop verloor dat sy liefdevolle God sy lyding uiteindelik sou wegneem nie. Hy het geweet dat Jehovah hom sou opwek, selfs al sterf hy. – Job 14:13-15.

HOE KAN ONS JOB NAVOLG?

10. Wat leer die verslag oor Job ons?

10 Die verslag oor Job leer ons dat Satan ons nie kan dwing om Jehovah te verlaat nie en dat Jehovah bewus is van elke situasie. Job se ondervinding kan ons ook help om die geskille wat betrokke is, beter te verstaan. Kom ons kyk na party van die spesifieke lesse wat ons by Job kan leer.

11. Waarvan kan ons seker wees as ons aanhou om op Jehovah te vertrou? (Jakobus 4:7)

11 Job het bewys dat ons enige probleem kan verduur en Satan suksesvol kan teëstaan as ons aanhou om op Jehovah te vertrou. Wat sal die gevolg wees? Die Bybel verseker ons dat die Duiwel van ons af sal wegvlug. – Lees Jakobus 4:7.

12. Hoe het die opstandingshoop Job versterk?

12 Ons moet styf vashou aan die opstandingshoop. Soos in die vorige artikel genoem is, gebruik Satan dikwels die vrees vir die dood om ons te kry om ons integriteit prys te gee. In Job se geval het Satan gesê dat Job enige iets sou doen, selfs sy integriteit sou prysgee, om sy lewe te red. Satan was verkeerd. Selfs toe Job in sy donkerste oomblikke gedink het dat hy gaan sterf, het hy nog steeds getrou aan Jehovah gebly. Sy vertroue in Jehovah se goedheid en sy sterk hoop dat Jehovah uiteindelik dinge sou regstel, het hom gehelp om te volhard. Job het geloof gehad dat, al sou Jehovah nie dinge regstel terwyl hy lewe nie, Hy dit in die toekoms sou doen deur Job op te wek. Die opstandingshoop was ’n werklikheid vir Job. As daardie hoop vir ons ’n werklikheid is, sal ons nie ons integriteit prysgee nie, selfs al staar ons die dood in die gesig.

13. Hoekom moet ons aandag skenk aan die taktieke wat Satan op Job gebruik het?

13 Ons moet aandag skenk aan die taktieke wat Satan op Job gebruik het omdat Satan vandag soortgelyke metodes op ons gebruik. Kyk na die beskuldiging wat Satan gemaak het: “’n Mens [nie net Job nie] sal alles gee wat hy het in ruil vir sy lewe” (Job 2:4, 5). So Satan sê eintlik dat ons nie regtig vir Jehovah God lief is nie en dat ons ons rug op Hom sal draai as dit ons lewe sal red. Satan sê ook dat God nie vir ons lief is nie en dat Hy nie die dinge raaksien wat ons doen om hom gelukkig te maak nie. Omdat ons weet wat Satan probeer bereik, glo ons nie sy leuens nie.

14. Wat kan ons oor onsself leer wanneer ons deur moeilike tye gaan? Verduidelik.

14 Ons moet moeilike tye beskou as ’n geleentheid om meer oor onsself te leer. Die moeilike tye wat Job deurgemaak het, het hom gehelp om sekere swakhede te identifiseer en om daaraan te werk. Om maar een ding te noem, hy het geleer dat hy nederiger moes wees (Job 42:3). Ons kan ook baie oor onsself leer wanneer ons deur moeilike tye gaan. ’n Broer met die naam Nikolay, * wat tronk toe gestuur was al het hy ernstige gesondheidsprobleme, sê: “’n Tronk is soos ’n X-straal – dit wys wat in ’n Christen se hart is.” Wanneer ons ons swakhede identifiseer, kan ons daaraan werk.

15. Na wie moet ons luister, en hoekom?

15 Ons moet na Jehovah luister, nie na ons vyande nie. Job het mooi geluister toe Jehovah met hom gepraat het. God het met Job geredeneer en in werklikheid gesê: ‘Sien jy my skeppingskrag? Ek is bewus van alles wat met jou gebeur het. Dink jy dat ek nie vir jou kan sorg nie?’ Job het Jehovah nederig en met diep waardering vir sy goedheid geantwoord. Hy het gesê: “Tot nou toe het ek net van u gehoor, maar nou sien ek u met my eie oë” (Job 42:5). Job het heel moontlik nog steeds in die as gesit, sy lyf was vol sere en sy kinders was in die graf toe hy daardie woorde gesê het. Maar Jehovah het sy liefde vir Job bevestig en hom van sy goedkeuring verseker. – Job 42:7, 8.

16. Volgens Jesaja 49:15, 16, wat moet ons in gedagte hou wanneer ons deur moeilike tye gaan?

16 Vandag sal mense ons ook dalk beledig en ons behandel asof ons waardeloos is. Hulle sal dalk probeer om ons reputasie as individue of as ’n organisasie te vernietig en ons dalk “valslik beskuldig van allerhande slegte dinge” (Matt. 5:11). Uit Job se verslag leer ons dat Jehovah glo dat ons lojaal aan hom sal bly wanneer ons deur moeilike tye gaan. Jehovah is lief vir ons en sal nooit dié wat op hom hoop, verlaat nie. (Lees Jesaja 49:15, 16.) Moenie luister na enige leuens wat God se vyande vertel nie! James, ’n broer van Turkye wie se familie deur baie moeilike tye gegaan het, sê: “Ons het besef dat dit ons mismoedig sou maak as ons na leuens oor God se volk luister. So ons het op ons Koninkrykshoop gefokus en besig gebly in ons diens aan Jehovah. As gevolg daarvan het ons ons vreugde behou.” Soos Job, luister ons na Jehovah! Die leuens van ons vyande vernietig nie ons hoop nie.

JOU HOOP SAL JOU HELP OM STERK TE BLY

Job was vir sy integriteit geseën. Hy en sy vrou het Jehovah se seëning vir ’n lang tyd geniet (Sien paragraaf 17) *

17. Wat leer jy uit die voorbeeld van die getroue mans en vrouens in Hebreërs hoofstuk 11?

17 Job is maar net een van Jehovah se knegte wat gedurende baie moeilike tye moedig en sterk gebly het. In sy brief aan die Hebreërs het die apostel Paulus van baie ander gepraat, en hy noem hulle “’n groot wolk van getuies” (Heb. 12:1). Hulle het almal deur baie moeilike tye gegaan, maar hulle het ’n uitstekende rekord van getrouheid aan Jehovah opgebou (Heb. 11:36-40). Was hulle volharding en harde werk verniet? Beslis nie! Al het hulle nie in hulle leeftyd gesien hoe al God se beloftes waar word nie, het hulle aangehou om op Jehovah te hoop. En omdat hulle seker was dat hulle Jehovah se goedkeuring het, was hulle oortuig dat hulle sou sien dat hierdie beloftes waar word (Heb. 11:4, 5). Hulle voorbeeld kan ons meer vasbeslote maak om aan te hou om op Jehovah te hoop.

18. Wat is jy vasbeslote om te doen? (Hebreërs 11:6)

18 Vandag lewe ons in ’n wêreld wat al hoe slegter word (2 Tim. 3:13). Satan is nog nie klaar met God se volk nie. Maak nie saak watter moeilike tye nog voorlê nie, mag ons vasbeslote wees om hard te werk vir Jehovah, met die volle vertroue dat ons “ons hoop gestel [het] op ’n lewende God” (1 Tim. 4:10). Onthou, die manier hoe dinge vir Job uitgedraai het, wys “dat Jehovah baie liefdevol en genadig is” (Jak. 5:11). Mag ons ook lojaal bly aan Jehovah met die volle vertroue dat hy “dié wat hom ernstig soek”, sal beloon. – Lees Hebreërs 11:6.

LIED 150 Soek God, van wie jou redding kom

^ Wanneer ons dink aan iemand wat baie moeilike tye deurgemaak het, dink ons dikwels aan Job. Wat kan ons uit die ondervindinge van daardie getroue man leer? Ons leer dat Satan ons nie kan dwing om Jehovah te verlaat nie. Ons leer ook dat Jehovah altyd bewus is van elke situasie. En net soos Jehovah ’n einde gemaak het aan Job se moeilike tye, sal Hy eendag ook ’n einde maak aan ons lyding. As ons wys dat ons heeltemal oortuig is van hierdie feite, is ons onder dié wat regtig “hoop op Jehovah”.

^ WAT DIT BETEKEN: Die Hebreeuse woord wat as “hoop” vertaal word, beteken basies om gretig vir iets te “wag”. Dit kan ook beteken dat jy iemand vertrou of op hom staatmaak. – Ps. 25:2, 3; 62:5.

^ Party name is verander.

^ BESKRYWING VAN PRENT: Job en sy vrou is verpletter toe hulle sien dat al hulle kinders gesterf het.

^ BESKRYWING VAN PRENT: Job het tot aan die einde van sy moeilike tye volhard. Hy en sy vrou dink na oor die seëninge wat Jehovah hulle en hulle gesin gegee het.