Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

God belowe volmaakte verstandelike gesondheid

God belowe volmaakte verstandelike gesondheid

Deur middel van die Bybel gee God raad en vertroosting wat dié kan help wat aan verstandelike siektes ly.

Maar God het selfs meer gedoen. Hy het belowe om al die oorsake van verstandelike siektes permanent te verwyder.

Wanneer God daardie belofte nakom, sal pynlike gevoelens, angstigheid en hartseer herinneringe nooit weer “aan . . . gedink word nie, en dit sal ook nie in die hart opkom nie”. – Jesaja 65:17.

Jehovah se Getuies sal jou graag help om uit te vind wanneer en hoe God hierdie vertroostende belofte sal nakom.