Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Webwerf-wenk

Webwerf-wenk

Vind artikels wat geadverteer word

Baie van ons broers en susters gebruik die artikels wat op die jw.org-tuisblad geadverteer word in die bediening. Dit is maklik om aan te stuur, en dit verduidelik baie keer hoe huidige gebeure Bybelprofesieë vervul. Soos een broer geskryf het, is die artikels op die tuisblad “presies wat ons nou in ons bediening nodig het”.

Maar die advertensies verander gereeld, so hoe kan jy artikels vind wat nie meer op die tuisblad is nie?

  • Op die tuisblad van jw.org, kliek op “Sien meer” wat na aan die bokant van die blad is. Hierdie skakel sal jou vat na die blad met die titel “Onlangs op die tuisblad”, waar jy nog artikels sal vind wat onlangs geadverteer was.

  • Op jw.org of in JW Library® kies “Biblioteek” dan “Reeks van artikels” en dan “Nog onderwerpe”. Hierdie deel bevat baie van die artikels wat op die tuisblad verskyn het.