Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Studiewenk

Studiewenk

Hoe om “Wat is nuut?” goed te gebruik

Die deel “Wat is nuut?” in JW Library® en op jw.org wys die nuutste inligting wat gepubliseer is. Hoe kan jy hierdie deel gebruik om op datum te bly?

JW Library

  • Artikels word vrygestel deur die reeks aan te pas waarin hulle verskyn. So wanneer ’n reeks artikels onder die deel “Wat is nuut?” verskyn, kan jy die nuutste weergawe van daardie reeks aflaai. Dan kan jy die nuwe artikel lees wat bo-aan die lys verskyn, wat volgens datum gerangskik is.

  • Jy sal dalk nie ’n langer publikasie, soos ’n tydskrif, op een slag kan lees nie. Maar jy kan dit by jou “Favorites” voeg sodat jy dit makliker kan vind en verder kan lees. Wanneer jy dit klaar gelees het, kan jy dit afhaal.

JW.ORG

Sommige inligting, soos nuusverslae en party aankondigings, verskyn net op die jw.org-webwerf en nie in JW Library nie. Onthou om “Wat is nuut?” gereeld op die webwerf te besoek vir die nuutste artikels.