Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Studiewenk

Studiewenk

Hoe om by te bly met aanpassings in ons begrip

Ons lewe in opwindende tye, en Jehovah help ons nou meer as ooit om die Bybel beter te verstaan (Dan. 12:4). Maar dit kan vir ons moeilik wees om by te bly met aanpassings in ons begrip van Bybelwaarhede. Waar kan ons hierdie aanpassings en verduidelikings vind?

• Die inskrywing “Beliefs Clarified” in die Watch Tower Publications Index gee ’n volledige lys van aanpassings wat volgens jaar gerangskik is. Vir ’n lys onderwerpe, tik “understanding clarified” (insluitende die aanhalingstekens) in die soekblokkie van Watchtower Library of Watchtower ONLINE LIBRARY.

• Die Navorsingsgids vir Jehovah se Getuies bevat ’n korter lys wat volgens onderwerp gerangskik is. Gaan na “Jehovah se Getuies” dan “Beskouings en opvattings” en dan “Aanpassings in ons begrip”.

As ’n persoonlike studieprojek kan jy dalk ’n onlangse aanpassing kies en navorsing doen oor hoe ons dit nou verstaan en wat die Bybelse redes vir die verandering is.