Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Reg en verkeerd: ’n Vraag wat ons almal vra

Reg en verkeerd: ’n Vraag wat ons almal vra

Wat sou jy doen as jy iewers heen wou gaan waar jy nog nooit voorheen was nie?

  1. 1. In die rigting gaan wat jy dink reg is.

  2. 2. Ander volg en hoop dat hulle die pad ken.

  3. 3. ’n Betroubare gids vra, soos ’n GPS, ’n kaart of ’n betroubare vriend wat die pad ken.

As ons opsie een of twee kies, sal ons iewers uitkom, maar nie noodwendig waarheen ons wou gaan nie. Maar as ons opsie drie kies, kan ons vertrou dat ons ons bestemming sal bereik.

Ons lewe is soos ’n reis – ’n reis wat ons hoop tot ’n gelukkige toekoms sal lei. Of ons hierdie bestemming bereik of nie, hang baie af van waar ons vir leiding soek wanneer ons besluite maak.

Al is die meeste besluite wat ons maak, klein, is party baie belangrik. Hierdie belangrike besluite wys wat ons glo reg en verkeerd is. Sulke besluite sal ons en dié vir wie ons lief is, vir ’n lang tyd raak, of dit nou goed of sleg is. Hierdie besluite sluit die volgende in:

  • Seks en die huwelik

  • Eerlikheid, werk en geld

  • Hoe om kinders groot te maak

  • Hoe om ander te behandel

Hoe kan jy seker wees dat jou besluite op hierdie gebiede tot ’n gelukkige toekoms vir jou en jou gesin sal lei?

Die vraag wat ons almal vra, is: Wat kan my help om goeie besluite te maak oor wat reg en wat verkeerd is?

Hierdie tydskrif sal verduidelik hoekom ons kan vertrou wat die Bybel sê oor wat reg en verkeerd is en hoe dit ons kan help.