Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIEWENK

Idees vir persoonlike studie en gesinsaanbidding

Idees vir persoonlike studie en gesinsaanbidding

Ons aanbid Jehovah nie net as groot groepe by ons vergaderinge en byeenkomste nie, maar ook as individue en gesinne. Hier is ’n paar idees van dinge wat jy vir jou persoonlike studie en gesinsaanbidding kan doen:

  • Berei voor vir gemeentelike vergaderinge. Jy kan ook die liedjies oefen en almal in die gesin help om ’n antwoord voor te berei.

  • Lees ’n Bybelverslag. Teken daarna ’n prentjie van ’n gebeurtenis in die verslag of skryf iets neer wat jy geleer het.

  • Ondersoek ’n gebed in die Bybel, en bespreek hoe dit jou kan help om jou gebede te verbeter.

  • Kyk ’n teokratiese video, en bespreek dit dan met ander of skryf ’n paragraaf daaroor.

  • Berei voor vir die bediening, en hou dalk ’n oefensessie.

  • Kyk na die skepping, en dink na oor of bespreek wat dit jou oor Jehovah leer. a

a Sien die artikel “Leer meer oor Jehovah deur sy skepping” in Die Wagtoring van Maart 2023.