Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIEWENK

Vind geestelike skatte wat jy kan toepas

Vind geestelike skatte wat jy kan toepas

Wanneer ons die Bybel lees, kan ons na geestelike skatte soek deur navorsing te doen. Maar hoe kan ons meer daarby baat vind?

Skenk aandag aan die besonderhede van die Bybelverslae. Byvoorbeeld, bepaal wie die gedeelte geskryf het, vir wie dit geskryf is en wanneer dit geskryf is. Wat was die omstandighede, wat het voor dit gebeur en wat het daarna gebeur?

Dink oor die lesse wat jy kan leer deur navorsing te doen oor vrae soos: ‘Hoe het die persone wat betrokke is, gevoel? Watter eienskappe het hulle geopenbaar? Hoekom moet ek daardie eienskappe navolg of dit vermy om daardie eienskappe te ontwikkel?’

Pas die lesse toe wat jy leer, dalk in jou bediening of wanneer jy met ander mense te doen het. Dan sal jy wys wees, soos die Bybel sê: “Enigiemand wat wys is, sal hierdie dinge sien.” – Ps. 107:43.

  • Wenk: Let op hoe die inligting wat gevind word in die deel Skatte uit God se Woord in die vergadering in die week ons help om te fokus op die toepassing. Hierdie deel bevat gereeld vrae wat ons ons kan afvra, punte waaroor ons kan nadink en prente wat ons kan ondersoek.