Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SIERRA LEONE EN GUINEE

Hulle wou dit sien

Hulle wou dit sien

IN 1956 het die broers in Freetown die rolprent The New World Society in Action vertoon. Hulle het vertel:

“Ons het die grootste saal in Freetown gehuur en 1 000 uitnodigings versprei. Ons het gewonder presies hoeveel mense sou kom. ’n Halfuur voordat die rolprent sou begin, was daar net 25 mense. Gedurende die volgende 15 minute het nog 100 mense opgedaag. Kort voor lank was al 500 sitplekke beset. En nog 100 mense het nie omgegee om te staan nie. ’n Verdere 500 het buite gestaan omdat daar nie plek binne was nie. Sou hulle vir ’n tweede vertoning wag? ‘Ja’, het hulle gesê. En hulle het, al het dit gereën!”

Deur die jare heen het meer as 80 000 mense regoor Sierra Leone die vertoning van hierdie en ander merkwaardige rolprente bygewoon.