Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SIERRA LEONE EN GUINEE

Vasbeslote om Jehovah te dien

Philip Tengbeh

Vasbeslote om Jehovah te dien
  • GEBORE 1966

  • GEDOOP 1997

  • PROFIEL ’n Vlugteling wat vyf Koninkryksale help bou het.

IN 1991 het ek en my vrou, Satta, vir ons lewe gevlug toe rebellesoldate ons tuisdorp, Koindu, Sierra Leone, binnegeval het. Oor die volgende agt jaar het ons in baie vlugtelingkampe gewoon. Daar het ons voedseltekorte en siektes verduur en was ons blootgestel aan die onsedelike gedrag van ons bure in die kamp.

In elke kamp het ons die owerheid grond gevra om ’n Koninkryksaal te bou. Soms is ons versoek toegestaan, en soms nie. Nogtans het ons altyd ’n vergaderplek vir aanbidding georganiseer. Ons was vasbeslote om Jehovah te dien. Ons het uiteindelik vier Koninkryksale in die kampe gebou.

Toe die oorlog tot ’n einde gekom het, kon ons nie terugkeer huis toe nie. Jare van oorlogvoering het Koindu in ’n woesteny verander. Ons is dus na nog ’n vlugtelingkamp naby Bo gestuur. Daar het ons, met fondse van die takkantoor, ons vyfde Koninkryksaal gebou.