Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jaarteks vir 2014

“Laat u koninkryk kom.”Matteus 6:10

Jaarteks vir 2014

Omtrent honderd jaar gelede het Jehovah Jesus in die onsigbare hemel as Koning gekroon. Sedertdien het God se knegte die seëninge wat Christus se Koninkryk sal bring, ywerig bekend gemaak. Dink net! Onder Jesus se liefdevolle heerskappy sal die aarde ’n paradys word, vol mense wat mekaar werklik liefhet. Daar sal geen misdaad, geen oorlog, geen siekte, geen lyding en geen dood wees nie.

Hierdie seëninge sal binnekort ’n werklikheid word. God se Koninkryk is ’n werklikheid, en dit sal kom en al Jehovah se voornemens vervul. Bid dat die Koninkryk kom, vertel ander daarvan en hou vas aan die hoop van alles wat dit vir jou sal doen.