Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

GLANSPUNTE VAN DIE AFGELOPE JAAR

Regverdige harte word deur geanimeerde video’s geraak

Regverdige harte word deur geanimeerde video’s geraak

Phillip, die seuntjie in die videoreeks Word Jehovah se vriend op jw.org, is nou wêreldbekend. Die eerste video van hierdie innemende kêreltjie is reeds in meer as 130 tale vertaal, en honderde briewe is al in verband met hierdie videoreeks ontvang.

Die volgende brief is geskryf deur ’n 11-jarige en haar 8-jarige suster: “Ons wil graag ’n bydrae maak tot die wêreldwye predikingswerk. Ons het hierdie geld verdien deur twee kalwers groot te maak en hulle te verkoop. Hulle name was Big Red en Earl. Ons wou hierdie geld vir julle gee omdat ons gedink het dat julle dit kan gebruik om nog Word Jehovah se vriend-video’s te maak. Ons het gedink dat dit cool sou wees as Phillip ’n nuwe babasuster kry en daaraan gewoond moet raak dat hy nie meer soveel aandag kry nie. Die Phillip-video is ons gunstelingvideo!”

Baie kinders het die hele video gememoriseer, insluitende die liedjie en selfs die verteller se kommentare. ’n Suster het geskryf dat daar 40 kinders in haar gemeente van 100 verkondigers is, waarvan die meeste jonger is as tien. Sy het in die derde ry gesit toe die gemeente lied 120 aan die einde van die vergadering gesing het. Trane het in haar oë opgewel toe sy hoor hoe al die kinders so entoesiasties “hulle lied” sing.

’n Ouma het vertel dat haar kleindogter, nadat sy die video twee keer gekyk het, gesê het: “Ek moet my kamer skoonmaak sodat niemand oor my speelgoed val en seerkry nie.” Sy was so vasbeslote dat sy daarop aangedring het om haar kamer skoon te maak voordat sy eet.

In ’n plattelandse dorpie in Suid-Afrika het baie kinders elke dag ’n Getuie-huis besoek. Party mense het gedink dat die kinders soontoe gaan omdat die gesin lekkers verkoop het. Maar die kinders is deur ander kinders genooi om na die geanimeerde video Luister, wees gehoorsaam en word geseën te kyk in hulle taal—Xhosa. Eenkeer was daar elf kinders, en hulle almal het die woorde van die lied gememoriseer.

In Ecuador het twee Quechuasprekende seuntjies wat nie Getuies is nie, die agtjarige Isaac en sy vyfjarige broer, Saul, die snoepiegeld wat hulle elke dag gekry het, gespaar om speelgoedgewere, -swaarde en aksiefigure mee te koop. Op ’n dag het hulle ma hulle gevra om hulle kamer aan die kant te maak en om al hulle speelgoed in ’n kartondoos onder die bed weg te pak. Later het die seuns die nuwe Word Jehovah se vriend-DVD as ’n geskenk ontvang, en hulle het saam daarna gekyk. ’n Week later het die ma, terwyl sy die huis skoongemaak het, gevind dat daar niks behalwe ’n speelgoedkarretjie in die kartondoos onder die bed was nie. Sy het die seuns gevra: “Waar is die speelgoed?” Hulle het geantwoord: “Jehovah hou nie van daardie speelgoed nie, en daarom het ons dit weggegooi.” Wanneer ander kinders in die buurt met speelgoed speel wat geweld bevorder, sê Isaac nou vir hulle: “Moenie daarmee speel nie. Jehovah hou nie daarvan nie!”

Kroasië: Koninkryksliedere raak die harte van ons jongmense