Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

GLANSPUNTE VAN DIE AFGELOPE JAAR

Die grootste samekoms van Jehovah se Getuies

Die grootste samekoms van Jehovah se Getuies

OP Saterdag 5 Oktober 2013 het ’n gehoor van 257 294 in 21 lande die 129ste jaarvergadering van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië persoonlik of deur middel van ’n regstreekse webuitsending bygewoon. Later daardie naweek het nog Getuies na ’n opname van die program gekyk. Die totale bywoningsyfer was 1 413 676 in 31 lande—die grootste samekoms van Jehovah se Getuies tot nog toe.

Vanaf die 1920’s het Jehovah se Getuies dit vir internasionale gehore moontlik gemaak om na hulle streekbyeenkomsprogramme te luister deur middel van telefoonverbindings sowel as groot radionetwerke. Nou stel Internettegnologie selfs mense in afgeleë plekke in staat om programme te hoor en te sien terwyl dit plaasvind of kort daarna.

Lede van etlike takkantore het meer as ’n jaar lank aan reëlings vir die webuitsending gewerk. Op die naweek van die webuitsending het tegnici die program vanaf ’n beheersentrum in Brooklyn, New York, gemonitor en dag en nag gewerk terwyl dit by vergaderplekke in 15 tydsones vertoon is.