Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Lei jou tiener op om Jehovah te dien

Lei jou tiener op om Jehovah te dien

“Jesus het deurentyd toegeneem in wysheid en in grootte en in guns by God en die mense.”—LUKAS 2:52.

LIEDERE: 41, 89

1, 2. (a) Waaroor is party ouers van tieners bekommerd? (b) Hoe kan kinders goed gebruik maak van hulle tienerjare?

EEN van die gelukkigste oomblikke in ’n ouer se lewe is wanneer sy kind gedoop word. Berenice se vier kinders is almal gedoop voordat hulle 14 jaar oud was. Sy sê: “Dit was vir ons ’n baie emosionele ondervinding. Ons was natuurlik baie bly dat ons kinders Jehovah wil dien. Maar ons het ook geweet dat ons kinders in hulle tienerjare voor baie uitdagings te staan sou kom.” As jou seun of dogter ’n tiener is, of amper ’n tiener is, is jy dalk ook bekommerd hieroor.

2 ’n Deskundige op die gebied van kindersielkunde sê dat die tienerjare vir ouers en kinders moeilik kan wees en dat ouers nie moet dink dat hulle tieners laf of kinderagtig is nie. Hy sê dat tieners kreatief is, diepe emosies het en ’n behoefte het om tyd saam met vriende te spandeer. Terwyl julle kinders in hulle tienerjare is, kan hulle nader aan Jehovah kom, net soos Jesus gedoen het toe hy jonk was. (Lees Lukas 2:52.) Hulle kan ook hulle vaardighede in die bediening verbeter en ’n sterk begeerte ontwikkel om meer in God se diens te doen. En hulle kan hulle eie besluite neem, soos om hulle lewe aan Jehovah toe te wy en om aan hom gehoorsaam te wees. Maar wat kan jy as ’n ouer doen om jou tiener op te lei om Jehovah te dien? Jy kan leer uit die manier waarop Jesus sy dissipels met liefde, nederigheid en insig opgelei het.

WEES LIEF VIR JOU TIENER

3. Hoe het die apostels geweet dat Jesus hulle vriend was?

3 Jesus was nie net sy apostels se Heer nie. Hy was ook hulle vriend. (Lees Johannes 15:15.) In Bybeltye het ’n heer nie gewoonlik met sy slawe oor sy gedagtes en gevoelens gepraat nie. Maar Jesus het nie sy apostels soos slawe behandel nie. Hy het hulle liefgehad en tyd saam met hulle gespandeer. Hy het hulle met graagte vertel wat hy dink en hoe hy voel, en hy het ook aandagtig geluister wanneer hulle hom vertel het wat hulle dink en hoe hulle voel (Markus 6:30-32). Dié kommunikasie tussen Jesus en sy apostels het hulle hegte vriende gemaak en het die apostels voorberei vir die werk wat hulle sou doen.

4. Ouers, hoe kan julle julle kinders se vriende wees? (Sien prent aan begin van artikel.)

4 Alhoewel jy gesag oor jou kinders het, kan jy ook hulle vriend wees. Vriende spandeer tyd saam. Miskien kan jy minder tyd bestee aan jou werk of ander dinge sodat jy meer tyd vir jou kinders kan hê. Dit is iets waaroor jy ernstig moet bid en moet nadink. Vriende geniet ook dieselfde soort dinge. Vind dus uit waarvan jou tiener hou. Wat is sy gunstelingmusiek, -film of -sport? Probeer dan om te geniet wat hy geniet. Ilaria, wat in Italië woon, sê: “My ouers het belanggestel in die musiek waarna ek geluister het. My pa het my beste vriend geword, en ek kon selfs vryelik met hom praat oor sensitiewe sake.” As jy jou kinders se vriend is en hulle help om Jehovah se vriende te word, verloor jy nie jou gesag as ’n ouer nie (Psalm 25:14). Jou kinders sal sien dat jy hulle liefhet en respekteer, en dan sal dit vir hulle makliker wees om met jou oor enigiets te praat.

5. Hoe kon Jesus se dissipels gelukkig wees in Jehovah se diens?

5 Jesus het geweet dat sy dissipels waarlik gelukkig sal wees as hulle entoesiasties oor hulle diens aan Jehovah is en die goeie nuus ywerig verkondig. Hy het hulle dus aangespoor om hard te werk in die predikingswerk, en hy het belowe dat hy hulle sal help.—Matteus 28:19, 20.

6, 7. Hoe toon jy dat jy jou kinders liefhet wanneer jy hulle leer om by ’n goeie geestelike roetine te bly?

6 Jy wil hê dat jou kinders na aan Jehovah moet bly. En Jehovah wil hê dat jy hulle moet oplei en dissiplineer. Hy het jou die gesag gegee om dit te doen (Efesiërs 6:4). Daarom moet jy seker maak dat jou kinders daardie opleiding gereeld ontvang. Dink hieraan: Jy maak seker dat jou kinders skool toe gaan, want jy weet dat hulle opvoeding belangrik is, en jy wil hê dat hulle dit moet geniet om nuwe dinge te leer. Net so maak jy seker dat hulle die vergaderinge, byeenkomste en gesinsaanbidding bywoon, want jy weet dat die opvoeding wat hulle van Jehovah ontvang, hulle lewe kan red. Jy moet hulle dus help om dit te geniet om oor Jehovah te leer en om te besef dat hy hulle kan leer om waarlik wys te wees (Spreuke 24:14). Jy moet jou kinders ook oplei om gereeld velddiens te doen. Volg Jesus se voorbeeld na deur hulle te help om dit te geniet om ander uit God se Woord te leer.

7 Hoe sal tieners baat vind by ’n goeie geestelike roetine? Erin, wat in Suid-Afrika woon, sê: “Toe ons kinders was, het ons dikwels gekerm en gekla oor Bybelstudie, vergaderinge en velddiens. Ons het soms ons gesinstudie aspris ontwrig net sodat ons kon wegkom. Maar ons ouers het nie toegegee nie.” Sy is dankbaar teenoor haar ouers omdat hulle haar gehelp het om te besef hoe belangrik hierdie dinge is. Wanneer sy nou nie ’n vergadering kan bywoon of in velddiens kan uitgaan nie, wil sy so gou as moontlik weer in haar roetine kom.

WEES NEDERIG

8. (a) Hoe het Jesus getoon dat hy nederig was? (b) Hoe het Jesus se nederigheid sy dissipels gehelp?

8 Alhoewel Jesus volmaak was, was hy nederig en het hy vir sy dissipels gesê dat hy Jehovah se hulp nodig het. (Lees Johannes 5:19.) Het dit hulle respek vir Jesus laat afneem? Nee. Hoe meer hulle gesien het hoe hy op Jehovah vertrou, hoe meer het hulle hom vertrou. Later het hulle sy voorbeeld van nederigheid gevolg.—Handelinge 3:12, 13, 16.

As jy jou foute erken, sal jou kinders jou respekteer

9. Hoe kan dit jou tiener help wanneer jy jou foute erken en om verskoning vra?

9 In teenstelling met Jesus is ons onvolmaak en maak ons foute. Wees dus nederig. Erken dat daar baie dinge is wat jy nie kan doen nie en erken jou foute (1 Johannes 1:8). Jou tiener sal dan leer om sy eie foute te erken en hy sal groter respek vir jou hê. Dink hieraan: Wie sal jy meer respekteer? ’n Werkgewer wat erken wanneer hy ’n fout maak of een wat nooit om verskoning vra nie? Rosemary, wat drie kinders het, sê dat sy en haar man bereid was om hulle foute te erken. Sy verduidelik: “Dit het ons kinders gehelp om openlik met ons te praat wanneer hulle probleme het.” Sy sê ook: “Ons het ons kinders geleer waar om die beste oplossings vir hulle probleme te vind. Wanneer hulle hulp nodig gehad het, het ons hulle altyd verwys na ons Bybellektuur en saam met hulle gebid.”

10. Hoe het Jesus nederigheid geopenbaar selfs toe hy vir sy dissipels gesê het wat hulle moet doen?

10 Jesus het die gesag gehad om vir sy dissipels te sê wat hulle moet doen. Maar omdat hy nederig was, het hy dikwels verduidelik waarom hulle dit moet doen. Byvoorbeeld, hy het nie net gesê dat hulle eers die Koninkryk en God se regverdigheid moet soek nie. Hy het ook gesê: “En al hierdie ander dinge sal vir julle bygevoeg word.” Toe Jesus vir hulle gesê het om op te hou om te oordeel, het hy verduidelik: “Sodat julle nie geoordeel word nie; want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word.”—Matteus 6:31–7:2.

11. Waarom is dit goed om vir jou tiener te verduidelik waarom jy ’n sekere reël gemaak het of ’n besluit geneem het?

11 Vind die regte tyd om vir jou tiener te verduidelik waarom jy ’n sekere reël gemaak het of ’n besluit geneem het. As hy die rede vir jou besluit verstaan, sal hy waarskynlik meer geneig wees om aan jou gehoorsaam te wees. Barry, wat vier kinders grootgemaak het, sê: “Wanneer jy redes gee, help dit tieners om jou te vertrou.” Tieners sal sien dat jy nie reëls maak of besluite neem net omdat jy die gesag het om dit te doen nie, maar omdat jy ’n goeie rede daarvoor het. Hou ook in gedagte dat tieners nie meer klein kindertjies is nie. Hulle leer om vir hulleself te dink en hulle wil hulle eie besluite neem (Romeine 12:1). Barry verduidelik: “Tieners moet leer om verstandige besluite te neem wat nie op emosie gegrond is nie” (Psalm 119:34). Wees dus nederig en verduidelik vir jou tiener waarom jy ’n sekere besluit geneem het. Dan sal hy leer om sy eie besluite te neem en sien dat jy hom respekteer en dat jy besef dat hy ’n volwassene word.

TOON INSIG

12. Hoe het Jesus insig getoon en Petrus gehelp?

12 Jesus het insig gehad en het geweet watter hulp sy dissipels nodig het. Byvoorbeeld, toe Jesus vir sy dissipels gesê het dat hy doodgemaak sou word, het Petrus vir Jesus gesê om goed vir homself te wees. Jesus het geweet dat Petrus vir hom lief is, maar hy het ook geweet dat Petrus se redenasie verkeerd is. Hoe het Jesus hom en die ander dissipels gehelp? Hy het Petrus eers reggehelp. Toe het Jesus verduidelik wat met diegene sal gebeur wat nie Jehovah se wil doen wanneer dit vir hulle moeilik is nie. Jesus het ook gesê dat Jehovah diegene sal beloon wat onselfsugtig is (Matteus 16:21-27). Petrus het die les geleer.—1 Petrus 2:20, 21.

13, 14. (a) Hoe sal jy weet of jou tiener se geloof verswak het? (b) Hoe kan jy uitvind watter hulp jou tiener werklik nodig het?

13 Bid tot Jehovah vir insig sodat jy kan weet watter hulp jou tiener nodig het (Psalm 32:8). Miskien kom jy agter dat hy nie so gelukkig soos voorheen is nie of dat hy negatiewe dinge oor die broers sê. Dalk voel jy dat hy iets vir jou wegsteek. Moenie dadelik die gevolgtrekking maak dat jou tiener by ernstige sonde betrokke is nie. * (Sien voetnoot.) Maar moenie die probleem ignoreer of hoop dat dit net sal verdwyn nie. Dalk moet jy hom help om sy geloof te versterk.

Help jou tiener om goeie vriende in die gemeente te maak (Sien paragraaf 14)

14 Om uit te vind hoe jy jou tiener kan help, moet jy vrae op ’n liefdevolle en respekvolle manier vra. Dit is soos om water uit ’n put te skep. As jy die emmer te vinnig optrek, sal jy nie soveel water kry as wat jy wil hê nie. Net so, as jy ongeduldig is wanneer jy vrae vra of jou tiener probeer dwing om te praat, sal jy nie kan uitvind wat hy werklik dink en hoe hy werklik voel nie. (Lees Spreuke 20:5.) Ilaria onthou dat sy as ’n tiener meer tyd met haar klasmaats wou spandeer, al het sy geweet dat dit verkeerd is. Haar ouers het gesien dat iets haar pla. Ilaria sê: “Een aand het hulle eenvoudig vir my gesê dat hulle kon sien dat ek ongelukkig is, en hulle het my gevra wat fout is. Ek het in trane uitgebars, die situasie aan hulle verduidelik en vir hulp gevra. Hulle het my ’n drukkie gegee, vir my gesê dat hulle verstaan en belowe om my te help.” Ilaria se ouers het haar onmiddellik begin help om goeie vriende in die gemeente te maak.

Soek na jou tiener se goeie eienskappe en prys hom

15. Watter verdere bewyse is daar dat Jesus insig gehad het?

15 Jesus se insig het hom ook gehelp om sy dissipels se goeie eienskappe raak te sien. Byvoorbeeld, toe Natanael gehoor het dat Jesus uit Nasaret kom, het hy gesê: “Kan enigiets goeds uit Nasaret kom?” (Johannes 1:46). Sê nou jy was daar. Sou jy gedink het dat Natanael negatief is of dat hy neerkyk op sekere mense of ’n gebrek aan geloof het? Jesus het nie so gedink nie. Jesus se insig het hom gehelp om die goeie in Natanael raak te sien, en hy het gesê: “Gewis ’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie” (Johannes 1:47). Jesus kon harte lees en hy het daardie vermoë gebruik om na goeie eienskappe in mense te soek.

16. Hoe kan jy jou tiener aanspoor om te verbeter?

16 Alhoewel jy nie harte kan lees, soos Jesus gedoen het nie, kan jy insig hê. Jehovah kan jou help om na die goeie eienskappe in jou tiener te soek. Al stel jou tiener jou teleur, moet jy nooit sê dat hy ’n slegte persoon of ’n moeilikheidmaker is nie. Moet hom nie eers so beskou nie. Sê eerder vir hom dat jy sy goeie eienskappe raaksien en dat jy weet dat hy wil doen wat reg is. Let op wat hy doen om te verbeter en prys hom daarvoor. Help hom om aan sy goeie eienskappe te werk deur hom, waar moontlik, meer verantwoordelikhede te gee. Jesus het dit met sy dissipels gedoen. ’n Jaar en ’n half nadat hy Natanael (wat ook Bartolomeus genoem is) ontmoet het, het Jesus hom ’n belangrike verantwoordelikheid gegee. Hy het Natanael as ’n apostel aangestel, en Natanael het die werk wat Jesus hom gegee het, getrou gedoen (Lukas 6:13, 14; Handelinge 1:13, 14). Moet dus nie jou tiener laat voel dat niks wat hy doen, goed genoeg is nie. Jy moet hom eerder prys en aanmoedig. Laat hom besef dat hy jou en Jehovah gelukkig kan maak en dat hy sy vermoëns kan gebruik om Jehovah te dien.

OPLEIDING WAT GROOT VREUGDE MEEBRING

17, 18. Wat kan die resultaat wees as jy aanhou om jou tiener op tel lei om Jehovah te dien?

17 Jy kan jou dalk met die apostel Paulus vereenselwig. Hy was so besorg oor diegene wat vir hom soos kinders was dat dit hom soms angstig gemaak het. Hy het hulle gehelp om oor Jehovah te leer en hy was baie lief vir hulle (1 Korintiërs 4:15; 2 Korintiërs 2:4). Victor, wat drie kinders grootgemaak het, sê: “Die tienerjare was nie maklik nie. Maar die goeie tye het die uitdagings oortref. Met Jehovah se hulp het ons ’n hegte vriendskap met ons kinders geniet.”

18 Ouers, julle werk so hard om julle kinders op te lei omdat julle hulle baie liefhet. Moenie tou opgooi nie. Dink net aan die vreugde wat julle sal ervaar as julle kinders besluit om God te dien en aanhou om hom getrou te dien.—3 Johannes 4.

^ par. 13 Ouers sal die volgende inligting dalk nuttig vind: Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1, bladsy 317, en Deel 2, bladsy 136-141.