Spring na inhoud

Is God ’n onpersoonlike krag?

Is God ’n onpersoonlike krag?

Die Bybel se antwoord

 God oefen ongeëwenaarde krag regdeur die heelal uit. Die Bybel sê die volgende oor die manier waarop hy die tallose miljarde sterre geskep het: “Slaan julle oë op in die hoogte en kyk. Wie het hierdie dinge geskep? Die Een wat hulle leër volgens getal uitlei, hulle almal selfs by die naam noem. Weens die oorvloed van dinamiese energie, en omdat hy sterk in krag is, ontbreek nie een van hulle nie.”—Jesaja 40:25, 26.

 Maar God is baie meer as net ’n sterk krag. Die Bybel sê dat hy gevoelens het, soos liefde en haat (Psalm 11:5; Johannes 3:16). Dit openbaar ook dat die manier waarop mense optree, ’n uitwerking op God se emosies kan hê.—Psalm 78:40, 41.