Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vir die Bybeldrama is meer as 27 500 kilogram fyngemaakte klip by die Mt. Ebo-studio ingebring

HOE JOU DONASIES GEBRUIK WORD

Video-produksie van die “Wees altyd bly”!-streekbyeenkoms vir 2020

Video-produksie van die “Wees altyd bly”!-streekbyeenkoms vir 2020

10 AUGUSTUS 2020

 Die video’s by ons streekbyeenkomste raak ons hart en help ons om Bybelleringe beter te verstaan. Daar is 114 video’s vir die “Wees altyd bly”!-streekbyeenkoms vir 2020. Dit sluit die 43 toesprake in wat deur lede van die Bestuursliggaam en hulle helpers gegee is. Het jy al ooit gewonder hoeveel werk en geld daarby betrokke is om hierdie video’s te maak?

 Amper 900 van ons broers en susters regoor die wêreld het hulle tyd en vaardighede aangebied om met die program te help. Hulle het meer as twee jaar aan die projek gewerk, en hulle het altesaam amper 100 000 uur daaraan spandeer. Dit sluit die 70 000 uur in wat nodig was om die Bybeldrama Nehemia:Die vreugde van Jehovah is julle vesting” wat 76 minute lank is, te voltooi.

 Soos jy jou kan voorstel, kos dit baie geld om die basiese lewensbenodigdhede vir hierdie selfopofferende vrywilligers te voorsien, sowel as die tegniese ondersteuning, die toerusting en die fasiliteite wat hulle nodig het om die werk klaar te maak.

 Jared Gossman, wat saam met die Oudio/Video-dienste werk, vertel: “Die Onderrigtingskomitee van die Bestuursliggaam wil baie graag hê dat ’n verskeidenheid kulture en plekke by ons video’s ingesluit word. Dit is omdat ons ’n wêreldwye broederskap is, en ons wil hê die video’s moet dit uitbring. Om hierdie doelwit te bereik, het 24 spanne in 11 verskillende lande saam aan hierdie projek gewerk. Dit het baie geld, beplanning en samewerking gevat om hierdie wêreldwye projek te voltooi.”

 Om baie van ons video’s te maak, het ons ook gespesialiseerde toerusting en stelle nodig. Byvoorbeeld, stelle vir Nehemia:Die vreugde van Jehovah is julle vesting” is binne die Mt. Ebo-studio naby Patterson, New York, VSA, gebou. Die broers wou donasies op die beste manier gebruik, maar ook die drama geskiedkundig akkuraat laat lyk. Daarom het hulle strukture gebou wat nie te swaar is nie en wat op die stel gebruik is om soos die mure van eertydse Jerusalem te lyk. Elke struktuur het bestaan uit ’n ses meter hoë houtraam wat bedek is en geverf is sodat dit soos klippe kon lyk. Hierdie “mure” kon rondgeskuif word sodat dit in verskillende tonele gebruik kon word, en dit het veroorsaak dat minder stelle nodig was. Maar dit het nog steeds amper R1 740 000 gekos om net die stelle vir die drama te bou. a

 Ons is nou selfs meer dankbaar vir hierdie jaar se program noudat ons bietjie meer weet oor hoe dit gemaak was. Ons weet dat al die harde werk wat by hierdie program betrokke was, wêreldwyd lof op Jehovah se naam sal bring. Dankie vir julle vrygewige donasies aan die wêreldwye werk deur middel van donate.pr418.com en op ander maniere.

a Die stelle vir Nehemia:Die vreugde van Jehovah is julle vesting” is geskep voor die COVID-19-pandemie. Om fisiese afstand te behou, was nog nie ’n vereiste op daardie tyd nie.