Spring na inhoud

21 JANUARIE 2015
FILIPPYNE

’n Jaar ná die tifoon Haiyan het stormslagoffers nuwe huise

’n Jaar ná die tifoon Haiyan het stormslagoffers nuwe huise

MANILA, Filippyne—Jehovah se Getuies het ná die supertifoon Haiyan ’n ontsaglike bouprojek onderneem om byna 750 huise in minder as een jaar te herstel of te herbou.

’n Span van vyf bouvrywilligers het oor die algemeen ’n huis in vyf dae herbou.

Dean Jacek, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in die Filippyne, sê: “Dit was ons doelwit om die werk teen September 2014 te voltooi. Bouwerk het vroeg in die jaar begin, en danksy die hulp van baie vrywilligers is die bouwerk voor die einde van Augustus voltooi.”

Plaaslike en internasionale vrywilligers het gehelp met die projek om huise te herbou.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies het bydraes van medegelowiges regoor die wêreld beskikbaar gestel om die noodlenigingsprojek te finansier. Die Getuies se takkantoor in Manila het noodlenigingskomitees gevorm om die herbouwerk in die rampgebiede te organiseer. Dit het die herstel of algehele herbouing van 167 huise in die stad Tacloban ingesluit, asook 256 huise in die stad Ormoc, 101 huise in die stad Cebu en 218 huise in die stad Roxas. Vrywillige werkers—522 Getuies uit die Filippyne en 90 Getuies uit ander lande—het met die werk gehelp.

Verteenwoordiger Ferdinand Martin G. Romualdez, Leyte se eerste distrik.

Mnr. Ferdinand Martin G. Romualdez, ’n verteenwoordiger van Leyte se eerste distrik, het gesê: “Jehovah se Getuies is een van die eerste nieregeringsgroepe wat ’n projek onderneem het om huise te herbou. . . . Woorde kan nie beskryf hoe dankbaar my gesin en ons volk is nie.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Die Filippyne: Dean Jacek, tel. +63 2 411 6090

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000