Spring na inhoud

Oesbekistan se Hooggeregshof in Tasjkent.

8 NOVEMBER 2018
OESBEKISTAN

Hoër howe in Oesbekistan bevestig dat Jehovah se Getuies die reg het om Bybellektuur te besit

Hoër howe in Oesbekistan bevestig dat Jehovah se Getuies die reg het om Bybellektuur te besit

Oor ’n tydperk van ses maande wat in Maart 2018 begin het, het die Hooggeregshof in Oesbekistan en die administratiewe hof van Karakalpakstan, ’n selfregerende republiek in Oesbekistan, ten gunste van Jehovah se Getuies beslis. Die beslissing is gelewer in hofsake wat te doen gehad het met ons vryheid van godsdiens. Die Hooggeregshof het vier beslissings deur die laer hof teen ons broers ongeldig verklaar, en die administratiewe hof het ’n vyfde beslissing ongeldig verklaar.

Timoer Satdanof, een van ons broers wat deur die Hooggeregshof in Oesbekistan vrygespreek is.

’n Hele paar van die sake waarby ons broers betrokke is, het gebeur as gevolg van polisie-ondersoeke. Die owerheid het in hierdie ondersoeke Bybellektuur afgevat, sowel as elektroniese toestelle wat kopieë van die Bybel opgehad het. As gevolg hiervan het laer howe die broers skuldig bevind en hulle boetes gegee op grond van ’n wet wat volgens party nie mense toelaat om godsdienspublikasies te versprei nie. Gelukkig het hierdie onlangse beslissings deur die Hooggeregshof erken dat ons broers onskuldig is, en hulle hoef nie meer die boete te betaal nie.

Getuies wêreldwyd is baie bly oor hierdie gebeure en hulle is dankbaar teenoor die owerheid. Maar hulle is veral dankbaar teenoor Jehovah vir sy leiding en ondersteuning “in die verdediging en wetlike bevestiging van [sy] goeie nuus”. — Filippense 1:7.