Spring na inhoud

Party van die 65 broers wat vroeg vrygelaat is uit die tronk nadat die Hooggeregshof in Suid-Korea beslis het dat gewetensbeswaar nie ’n misdaad is nie..

7 MAART 2019
SUID-KOREA

Alle Getuies wat vir gewetensbeswaar in Suid-Korea opgesluit is, is nou vrygelaat

Alle Getuies wat vir gewetensbeswaar in Suid-Korea opgesluit is, is nou vrygelaat

Op 28 Februarie 2019 is die laaste Getuie van Jehovah in Suid-Korea vrygelaat wat in die tronk was omdat hy neutraal gebly het. Al die broers wat vrygelaat is, het gesê dat hulle baie dankbaar is oor hierdie vryheid en die geleentheid wat hulle gehad het om hulle lojaliteit aan Jehovah God te bewys.

Altesaam 65 broers is vrygelaat vandat die Hooggeregshof ’n geskiedkundige beslissing op 1 November 2018 gelewer het. Die Hof het beslis dat gewetensbeswaar teen militêre diens nie ’n misdaad is nie. Die beslissing het ’n einde gemaak aan die gebruik om gewetensbeswaardes tronk toe te stuur, iets wat al die afgelope 65 jaar gedoen is.

Die geloof en getrouheid van ons Koreaanse broers beweeg ons om ‘al hoe meer moed aan die dag te lê’ in ons lojale diens aan ons Koning en sy Koninkryk (Filippense 1:14). Ons bid vir ons broers wat in die tronk is in Eritrea, Rusland, Singapoer en Turkmenistan. – Hebreërs 10:34.