Spring na inhoud

6 JUNIE 2019
VENEZUELA

Jongste nuus oor Venezuela: Geestelike bedrywighede neem toe ondanks uitdagings

Jongste nuus oor Venezuela: Geestelike bedrywighede neem toe ondanks uitdagings

Die sosiale en ekonomiese krisis in Venezuela duur voort. Dis moeilik vir mense om kos, water, brandstof en medisyne te kry omdat daar ’n tekort is en goed baie duur is. Gereelde kragonderbrekings het die tekort aan kos erger gemaak omdat mense nie hulle yskaste kan gebruik nie. Misdaad is ook ’n groot probleem.

Ten spyte van hierdie moeilike omstandighede neem die meer as 136 500 verkondigers in Venezuela ywerig deel aan die predikingswerk. Byvoorbeeld, in Januarie 2019 was daar 7 000 minder verkondigers in die land as die vorige jaar, maar hulle het 90 000 meer ure in die velddiens spandeer. In April 2019 is meer as 195 600 Bybelstudies gehou en daar is nou meer as 30 000 gewone pioniers. Gedurende die spesiale wêreldwye kampanje om ander na die Herdenking van Christus se dood te nooi, het die hoeveelheid hulppioniers tot 20 400 gestyg. Dit het beslis daartoe bygedra dat amper 471 000 mense die Gedenkmaal bygewoon het, meer as drie keer die hoeveelheid verkondigers in die land. Baie mense woon ook die gemeentelike vergaderinge by. Een rede hiervoor is omdat ons broers aanhou om die Bybel se boodskap te verkondig aan mense wat ’n betroubare oplossing vir hulle probleme soek.

Die takkantoor in Venezuela hou aan om die broers te help deur die basiese kosvoorrade wat hulle nodig het, vir hulle te stuur. Elke maand, met die hulp van ander takkantore en vrygewige donasies aan die wêreldwye werk, versprei die takkantoor in Venezuela tonne geskenkte kos aan 75 000 verkondigers in 1 595 gemeentes.

Ons broers in Venezuela gaan deur baie moeilike tye, maar dit moedig ons aan dat hulle aanhou om hulle ‘in Jehovah te verheug en bly is in die God van hulle redding’. – Habakuk 3:17, 18.