Spring na inhoud

Verwoesting wat deur ’n grondstorting in Natonin, Bergprovinsie, veroorsaak ise

14 AUGUSTUS 2019
FILIPPYNE

Swaar reënseisoen tref die Filippyne

Swaar reënseisoen tref die Filippyne

Vroeg in Augustus 2019 het swaar reën en sterk winde die Filippyne getref, wat oorstromings en grondstortings veroorsaak het. Ongelukkig is een broer, wat as ’n tydelike spesiale pionier gedien het, dood in ’n grondstorting in Natonin, Bergprovinsie. ’n Ander broer, wat ook as ’n tydelike spesiale pionier dien, is ligtelik beseer in dieselfde grondstorting. In ’n ander geval is ’n tien-jarige seun beseer, maar hy het die nodige mediese sorg gekry.

Nie een van ons broers se huise is ernstig beskadig nie. Maar ’n Koninkryksaal in Negros Occidental is beskadig as gevolg van sterk winde wat veroorsaak het dat ’n stuk van die plafon geval het.

Die takkantoor in die Filippyne en die plaaslike kringopsiener gee die families van die broers wat geraak is, geestelike en emosionele ondersteuning.

Ons is hartseer om van hierdie tragiese verlies te hoor en ons bid vir dié wat treur oor die dood van ons broer. Ons sien uit na die tyd wanneer sulke pynlike dinge “nie in die hart [sal] opkom nie”. – Jesaja 65:17.