Spring na inhoud

5 SEPTEMBER 2019
VERENIGDE STATE

Geskiedkundige orkaan Dorian verwoes die Bahamas

Geskiedkundige orkaan Dorian verwoes die Bahamas

Op Sondagoggend 1 September 2019 het orkaan Dorian Groot Abaco-eiland in die noorde van die Bahamas as ’n kategorie-5-storm getref. Dit is een van die sterkste storms wat nog ooit in die Atlantiese Oseaan aangeteken is. Dorian is veral gevaarlik omdat dit stadig beweeg en sterk winde en swaar reën veroorsaak. Die storm het oor die Benedewindse Eilande, Puerto Rico en die Maagde-eilande as ’n tropiese storm beweeg. Dit het min skade hier veroorsaak.

Die takkantoor in die Verenigde State hou aan om inligting bymekaar te maak oor die storm se uitwerking op ons broers en die eiendom wat deur die takkantoor besit word. Op hierdie stadium is nie een van die 46 verkondigers in die twee gemeentes op Groot Abaco-eiland beseer nie. Maar die enigste Koninkryksaal op die eiland is vernietig.

Op Groot Bahama-eiland is daar vier gemeentes en 364 verkondigers. Daar is berig dat 196 van ons broers hulle huise moes verlaat en dat 22 huise beskadig is. Drie huise is vernietig.

Die takkantoor het voor die storm instruksies gegee aan die plaaslike kringopsieners en ouermanne in die gebiede wat geraak is. Die takkantoor het voorgestel dat al die broers na die hoofstad Nassau of ander veilige gebiede moet gaan.

Ons bid vir ons broers en susters wat swaarkry as gevolg van hierdie orkaan. Ons weet dat Jehovah bewus is van wat hulle deurgaan en sal aanhou om hulle te versterk sodat hulle deur hierdie moeilike tyd kan kom. – Psalm 46:1, 2.