Spring na inhoud

Links na regs: Broers Eldor en Sanjarbek Saboerof

7 AUGUSTUS 2020
TURKMENISTAN

Turkmeense hof vonnis broers Eldor en Sanjarbek Saboerof tot twee jaar tronkstraf

Turkmeense hof vonnis broers Eldor en Sanjarbek Saboerof tot twee jaar tronkstraf

Op 6 Augustus 2020 het ’n Turkmeense hof broers Eldor en Sanjarbek Saboerof tot twee jaar tronkstraf gevonnis as gevolg van hulle gewetensbeswaar teen militêre diens. Die broers is 21 en 25 jaar oud. Die hof het die broers se appèlaansoek geweier. Dit is die tweede keer dat albei skuldig bevind word vir hulle neutraliteit.

In 2016 het broer Sanjarbek Saboerof respekvol geweier om militêre diens te doen. As gevolg hiervan is hy skuldig bevind en gevonnis tot ’n opgeskorte vonnis van twee jaar.

Die volgende jaar het Eldor, Sanjarbek se jonger broer, ook geweier om militêre diens te doen. Hy was gevonnis tot twee jaar korrektiewe arbeid, en die Staat het 20 persent van sy salaris geneem.

Volgens die wet van Turkmenistan kan gewetensbeswaardes vir ’n tweede keer krimineel aangekla word as hulle aanhou weier om militêre diens te doen. In April 2020 het die militêre werwingskantoor die broers weer opgeroep om militêre diens te doen. Albei broers het geweier. Hulle is krimineel vervolg en toe tot tronkstraf gevonnis.

Behalwe vir die emosionele pyn, sal die broers se tronkstraf veroorsaak dat hulle ouers baie swaarkry. Hulle pa het chroniese rugpyn, wat beteken dat hy nie baie kan werk nie. Sy seuns ondersteun die gesin deur katoen te groei. Nou dat die broers in die tronk is, sal hulle ouers nie meer die finansiële ondersteuning hê wat hulle nodig het nie. Die ouers sal nou eerder moet sorg vir hulle seuns wat in die tronk is.

Turkmenistan bied nie alternatiewe burgerlike diens nie. Daarom kan jong broers wat as gevolg van gewetensbeswaar weier om militêre diens te doen, vir een tot vier jaar tronk toe gaan. Insluitende die Saboerof-broers is daar tien jong Getuies in die tronk in Turkmenistan vir hulle neutraliteit.

Ons weet dat Jehovah ons jong broers in Turkmenistan sal seën vir hulle moedige standpunt. Mag elkeen van hulle Jehovah se belofte aan koning Asa onthou: “Julle moet sterk wees, en julle moenie mismoedig word nie, want julle sal beloon word vir julle dade.” – 2 Kronieke 15:7.