Spring na inhoud

Die Hooggeregshof in Monaco

23 NOVEMBER 2022
MONACO

Jehovah se Getuies kry wetlike registrasie in Monaco

Jehovah se Getuies kry wetlike registrasie in Monaco

Op 19 November 2022 is Jehovah se Getuies wetlik in Monaco geregistreer. Hierdie regsverwikkeling is te danke aan twee gunstige uitsprake van die Hooggeregshof van Monaco en ’n uitspraak van die Europese Hof van Menseregte (EHMR).

Minder as twee jaar nadat ons broers die aansoek by die EHMR ingedien het, het die EHMR hulle uitspraak aan die regering gegee en hulle gevra om ’n oplossing te kry.

Nadat ’n saak aan die regering gestuur is, probeer albei partye eers om met mekaar te onderhandel en ’n vriendelike ooreenkoms te bereik. Die regering van Monaco het ingestem om Jehovah se Getuies te registreer. Op 9 Desember 2021 het die EHMR ’n uitspraak gelewer waarin hulle die vriendelike ooreenkoms van die regering van Monaco aanvaar wat ons organisasie wetlik registreer sonder enige beperkings op ons aanbidding. Die regering het ook ingestem om ons regskoste te betaal, wat meer as 35 000 euro (R750 000) is.

Op 16 November 2022 het die regering van Monaco ’n dokument uitgereik wat die registrasie van die Association Monégasque pour le Culte des Témoins de Jéhovah (Monaco se Vereniging vir die Aanbidding van Jehovah se Getuies) bevestig. Hierdie dokument is op 18 November 2022 in die amptelike staatskoerant van Monaco gepubliseer.

Ons is saam met ons broers en susters in Monaco bly dat hulle sonder beperkings van die regering kan aanbid. Ons dank Jehovah vir hierdie langverwagte wetlike erkenning. – Filippense 1:7.