31 AUGUSTUS 2022 | BYGEWERK: 26 JANUARIE 2023
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | “Jehovah het my vriende gegee wat vreesloos aan my sy is”
Op 24 Januarie 2023 het die Koeznetski-distrikshof van Nowokoeznetsk, Kemerowo-streek, broer Sergei Soesjilnikof skuldig bevind en hom ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Tydlyn
November 2019
Speurders begin om Sergei se telefoonoproepe af te luister en om sy woonstel deur middel van video-opnames dop te hou
3 Junie 2021
Kriminele saak word gemaak
8 Junie 2021
Woonstel word deursoek. Sergei en sy vrou word vir ondervraging ingeneem
15 Julie 2021
Word by federale lys van terroriste gevoeg, en bankrekeninge word gevries
8 Februarie 2022
Word daarvan aangekla dat hy aanhou met die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie en dat hy dit organiseer. Word onder reisbeperkings geplaas
30 Maart 2022
Kriminele verhoor begin
Profiel
Dit vertroos ons om te weet dat Jehovah altyd hulp aan sy getroue knegte in “moeilike tye” voorsien. – Psalm 46:1.