Spring na inhoud

Aanmoedigende Bybelbesprekings is gehou met broers en susters wat uit hulle huise moes vlug

23 MEI 2022
OEKRAÏNE

JONGSTE NUUS #8 | Ons broers en susters hou aan om liefde te wys gedurende die krisis in Oekraïne

Broers doen meer herderswerk terwyl oorlog aanhou

JONGSTE NUUS #8 | Ons broers en susters hou aan om liefde te wys gedurende die krisis in Oekraïne

Terwyl moeilike omstandighede in Oekraïne aanhou, het die takkantoor in Oekraïne gereël dat meer herderswerk in die land gedoen moet word. Verantwoordelike broers regoor die land werk hard om duisende broers en susters wat na ander dele van die land gevlug het, uit God se Woord te vertroos en aan te moedig. Die broers en susters word baie deur hierdie aanmoedigende besoeke gehelp. ’n Lid van die Takkomitee het broers en susters wat gevlug het, in die weste van Oekraïne besoek. ’n Suster wat tydelik saam met 30 ander in ’n Koninkryksaal in die stad Oezjgorod bly, sê: “Dit het gevoel asof Jehovah my in sy arms geneem het en my ’n drukkie gegee het.”

Die broers werk ook hard om die ongeveer 100 moedige broers en susters van die 27 noodlenigingskomitees (DRC’s) te besoek. Ihor, ’n lid van ’n noodlenigingskomitee, sê: “Toe ek aangewys is om op die DRC te dien, het ek en my vrou alreeds gevlug en het ons in ’n ander huis gebly. Toe ons baie moeg was, het ’n broer van die Takkomitee, wat self ook baie besig is, tyd gemaak om ons te besoek en mooi na ons te luister. Ons het gesien dat hy regtig vir ons omgee.” Ihor sê verder: “Wanneer ons in ’n situasie is waar ons soos kindertjies voel sonder enige beheer oor ons omstandighede, en wanneer ons nie ’n uitweg kan sien nie en net tot Jehovah kan bid om die leiding te gee, sien ons dikwels hoe hy ons help.”

Die toestand van Koninkryksale in die oorlogsgebied is: 4 is heeltemal vernietig, 8 is erg beskadig en 33 is beskadig, maar nie te erg nie.

’n Koninkryksaal buite Kijif in 2019 (links) en vandag (regs)

Tot en met 17 Mei 2022 is die volgende getalle uit Oekraïne ontvang. Hierdie syfers is gebaseer op bevestigde verslae van die plaaslike broers. Maar die getalle kan hoër wees, want dit is moeilik om met al die streke van die land te kommunikeer.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • 37 verkondigers het gesterf

  • 74 verkondigers is beseer

  • 45 253 verkondigers het hulle huise verlaat en na veiliger gebiede gevlug

  • 418 huise is heeltemal vernietig

  • 466 huise is erg beskadig

  • 1 213 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 4 Koninkryksale is heeltemal vernietig

  • 8 Koninkryksale is erg beskadig

  • 33 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • 27 DRC’s werk in Oekraïne

  • 48 806 persone is direk deur die DRC’s gehelp om veiliger blyplek te kry

  • 21 786 verkondigers het na ander lande gevlug en word deur hulle broers en susters gehelp