5 AUGUSTUS 2022
FILIPPYNE
Aardbewing tref die noorde van die Filippyne
Op 27 Julie 2022 het ’n aardbewing van 7,0 die eiland Luzon in die Filippyne getref. Die provinsie Abra was die ergste getref. Aardskuddings was so ver as Manila gevoel, sowat 400 kilometer daarvandaan. Meer as 2 000 naskokke was aangeteken.
Hoe ons broers en susters geraak is
Nie een van ons broers of susters het gesterf nie
4 verkondigers is ligtelik beseer
42 families moes hulle huise verlaat
63 huise is beskadig, maar nie te erg nie
1 huis is erg beskadig
13 Koninkryksale is beskadig
Noodlenigingspogings
1 Noodlenigingskomitee is aangestel om toesig te hou oor die noodlenigingswerk
Die plaaslike ouermanne moedig diegene aan wat geraak is
Alle noodlenigingspogings word in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls gedoen
Die takkantoor het dadelik noodlenigingsvoorraad gestuur vir ons broers en susters in die areas wat geraak is. Hulle het ook gereël dat hulle tydelike blyplek het. Die plaaslike verkondigers het mekaar gehelp al was hulle ook deur die aardbewing geraak.
Ons het volle vertroue dat Jehovah ons broers en susters in hierdie “moeilike tye” sal red. – Psalm 50:15.