Spring na inhoud

’n Prent van hoe die Ramapo-kompleks sal lyk volgens die nuutste inligting wat beskikbaar is

11 NOVEMBER 2022
WÊRELDNUUS

Hoofkwartierprojek by Ramapo

Dorpsraad keur aanpassing van sone goed, wat die goedkeuring van bouplan moontlik maak

Dorpsraad keur aanpassing van sone goed, wat die goedkeuring van bouplan moontlik maak

Op 9 November 2022 het die dorpsraad van Ramapo veranderinge aan die regulasies vir hoe die eiendom gebruik kan word, goedgekeur. Dit maak dit vir die Bouprojekkomitee (CPC) moontlik om aansoek te doen vir ’n spesiale permit en vir toestemming om met die projek te begin. a

’n Lugfoto van hoe die pad lyk nadat die rigting bietjie verander is

Behalwe vir die nuutste verwikkeling het kontrakteurs ook die ingang tot die Ramapo-eiendom vergroot en die rigting van die pad bietjie verander. Konstruksievrywilligers het ook die ou klipbrug langs die oprit naby die ingang van die bouterrein herstel. Die brug moes breër gemaak en versterk word sodat konstruksietoerusting, ambulanse en brandweerwaens toegang sou hê. Tydens die beginfase van die konstruksie sal alle verkeer hierdie brug gebruik.

Die klipbrug wat herstel is

Broer Matthew Mordecki, wat op die CPC dien, sê: “Die nuutste verwikkeling – die aanpassing van die sone – maak dit vir ons moontlik om op dieselfde tyd aansoek te doen vir ’n spesiale permit en vir die goedkeuring van die bouplan. Die permit sal dit vir ons moontlik maak om al in Desember 2022 bome en bosse te begin verwyder.”

Ons bid dat Jehovah sal aanhou om die broers en susters wat direk met die bouprojek werk, te help om “suksesvol [te] wees”. – Nehemia 1:11.

a Voordat die sone aangepas is, was die eiendom spesifiek aangewys as ’n gebied vir behuising vir bejaardes en mense met spesiale behoeftes.