Spring na inhoud

Die Buildings of Excellence-toekenning wat Jehovah se Getuies ontvang het op ’n model van die Ramapo-kompleks

28 MAART 2023
WÊRELDNUUS

Hoofkwartierprojek by Ramapo

Die staat New York gee toekenning aan Jehovah se Getuies vir die ontwerp van die Ramapo-kompleks

Die staat New York gee toekenning aan Jehovah se Getuies vir die ontwerp van die Ramapo-kompleks

Die New York State Energy Research and Development Authority (NYSERDA) het aan Jehovah se Getuies ’n toekenning gegee van meer as R18 miljoen as deel van die Buildings of Excellence-kompetisie. Hulle het die toekenning ontvang omdat die geboue in Ramapo nie die plante of diere in die omgewing sal benadeel nie. a Dit is die eerste keer dat ’n bouprojek in die dorp Ramapo of Rockland-distrik die toekenning wen.

Keith Cady, wat op die Bouprojekkomitee dien, sê: “Toe ons die Ramapo-kompleks ontwerp het, was dit ons doel om die geboue so te maak dat hulle nie energie vermors of die omgewing besoedel nie. Ons is opgewonde dat die staat ons pogings erken deur vir ons die toekenning te gee selfs voordat konstruksie begin het. Die geld sal goed gebruik word saam met die vrywillige bydraes wat Jehovah se Getuies maak.”

Die Buildings of Excellence-kompetisie is die enigste kompetisie van sy soort in die Verenigde State. Dit het in Maart 2019 begin en het tot nou toe toekennings aan 63 projekte gegee. Volgens NYSERDA se amptelike webwerf dra die projekte wat die toekenning ontvang, by tot ’n toekoms waar daar nie meer koolstofdioksied vrygestel word as wat die aarde kan hanteer nie.

Ons is dankbaar vir die erkenning van die owerhede en dat dit eer aan Jehovah gee. – Matteus 5:16.

a “Residences at Sterlington” is die amptelike naam wat ons gebruik het om vir die kompetisie in te skryf.