Spring na inhoud

Bo: Broer Jefgeni Botjko, Wladimir Kolesnikof en Aleksei Sjoebnikof

Onder: Broer Witali Oesjakof en Waleri Wetjkajef

13 FEBRUARIE 2024
RUSLAND

Gefokus op die eer om Jehovah te dien

Gefokus op die eer om Jehovah te dien

Die Wiselkofski-distrikshof van die Krasnodar-gebied sal binnekort sy uitspraak gee in die saak teen broer Jefgeni Botjko, Wladimir Kolesnikof, Aleksei Sjoebnikof, Witali Oesjakof en Waleri Wetjkajef. Die aanklaer het nog nie ’n spesifieke vonnis aangevra nie.

Profiel

Ons is oortuig dat Jehovah sal aanhou om vreugde en krag te gee aan hierdie broers en almal wat aanhou om op hom vir ondersteuning te vertrou. – Psalm 141:8.

Tydlyn

  1. 11 Februarie 2022

    Kriminele saak word teen Jefgeni, Aleksei, Witali en Waleri gemaak

  2. 13 Februarie 2022

    Huise word deursoek. Jefgeni, Aleksei en Witali word ondervra. Witali word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  3. 15 Februarie 2022

    Witali word na ’n detensiesentrum voor sy verhoor gestuur

  4. 16 Februarie 2022

    Jefgeni en Aleksei word onder reisbeperkings geplaas

  5. 18 Februarie 2022

    Waleri word onder reisbeperkings geplaas

  6. 21 Februarie 2022

    Kriminele saak word teen Wladimir gemaak

  7. 15 Maart 2022

    Wladimir word onder reisbeperkings geplaas. Kriminele sake word gekombineer

  8. 8 September 2022

    Witali word uit aanhouding voor sy verhoor vrygelaat en onder huisarres geplaas

  9. 10 Oktober 2022

    Witali word uit huisarres vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas

  10. 31 Mei 2023

    Kriminele verhoor begin