Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW.ORG-WEBWERF

Vind inligting in ’n ander taal

Vind inligting in ’n ander taal

As jy ’n taal leer of as jy inligting op jw.org vir iemand wil wys wat ’n ander taal praat, kan jy een van die drie metodes hieronder gebruik om inligting in die taal van jou keuse te vind.

 Verander die taal van die webwerf

Kliek op die Taal-knoppie om ’n volledige lys te sien van die tale wat op jw.org beskikbaar is.

Elke taal op die lys het een van die volgende simbole aan die linkerkant van die naam:

  • Die webwerf, of ten minste ’n deel daarvan, is in hierdie taal vertaal. Kliek op die taal om die webwerf in hierdie taal te sien.

  • Die webwerf is nog nie in hierdie taal vertaal nie, maar publikasies is beskikbaar om afgelaai te word. Kliek op die taal om ’n lys van die beskikbare publikasies te sien.

  • Hierdie simbool wys dat dit ’n gebaretaal is. Die meeste inligting in gebaretaal is in videoformaat.

    Kliek op die merkblokkie Vertoon slegs gebaretale om net die lys met gebaretale te sien.

Aangesien daar honderde tale in die lys is, kan jy een van die volgende metodes gebruik om die taal wat jy soek, makliker te vind:

  • Kliek op die taal wat jy verkies: Die vier tale wat jy die onlangsste gekies het, verskyn boaan die lys.

  • Tik die taal in: Tik ’n paar letters van die taal in, of in jou eie taal of in die taal waarna jy die webwerf wil verander. As jou webwerftaal byvoorbeeld Afrikaans is en jy dit na Duits wil verander, kan jy “Duits” of “Deutsch” intik. Terwyl jy elke letter tik, beperk dit die lys tot tale wat ooreenkom met wat jy getik het.

 Vertoon ’n webblad in ’n ander taal

Metode 1: Gebruik hierdie metode op blaaie wat ’n Lees in-kieslys het.

Gaan na die artikel wat jy wil lees of wat jy vir iemand wil wys. Kies dan ’n taal van die Lees in-kieslys om die artikel in daardie taal te vertoon. (As die taal waarna jy soek, nie op die Lees in-kieslys verskyn nie, beteken dit dat die artikel nog nie in daardie taal gepubliseer is nie.)

Wenk: Op die Lees in-kieslys beteken die oudio-simbool aan die linkerkant van ’n taal dat ’n oudio-opname van die artikel in daardie taal beskikbaar is.

Wanneer jy ’n artikel in ’n ander taal vertoon deur die Lees in-kieslys te gebruik, sal net daardie artikel in die taal wat jy gekies het, verskyn. Die res van die webwerf sal in jou oorspronklike taal vertoon word.

Metode 2: As die artikel wat jy lees, nie ’n Lees in-kieslys het nie, gebruik die Taal-knoppie om die webwerf te verander na die taal wat jy soek. As die artikel wat jy lees, beskikbaar is in die taal wat jy gekies het, sal dit vertoon word. Indien nie, sal jy geneem word na die tuisblad in die taal wat jy gekies het.

 Vind ’n publikasie in ’n ander taal

Gaan na BIBLIOTEEK. Kies ’n taal op die Taal-kieslys.

Omdat daar honderde tale op die lys is, sal jy dit dalk makliker vind om die Taal-kieslys te gebruik. Begin dan die taal intik om die lys te beperk tot tale wat ooreenkom met wat jy getik het.

As daar baie publikasies beskikbaar is in die taal wat jy gekies het, sal die BIBLIOTEEK-blad net ’n beperkte aantal daarvan vertoon. Om ander publikasies te vind in die taal wat jy gekies het, gaan na een van die blaaie wat spesifieke publikasies vertoon (byvoorbeeld, BOEKE & BROSJURES of TYDSKRIFTE). Dit vertoon ’n lys beskikbare publikasies in die taal wat jy gekies het.

Die blad sal slegs skakels bevat van die spesifieke publikasies wat beskikbaar is in die taal wat jy gekies het.