Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW.ORG-WEBWERF

Kyk na video’s op JW.ORG

Kyk na video’s op JW.ORG

Kyk na ’n video of al die video’s in ’n versameling. Pouseer, gaan terug of gaan vorentoe.

 Vind en speel ’n video

Gaan na BIBLIOTEEK > VIDEO’S om alle beskikbare video’s te sien, insluitende video’s wat in ons JW Broadcasting-studio opgeneem is.

Kies ’n video-kategorie.

In ’n kategorie stel elke opskrif ’n versameling video’s voor. Om meer video’s in ’n versameling te sien, beweeg links of regs deur die versameling of kliek op die Sien alles-knoppie.

Kyk of deel ’n video deur een van die volgende metodes te gebruik:

  • Kliek op die Speel-knoppie op die video speler.

  • Kliek op die Laai af-knoppie om die video op jou rekenaar of mobiele toestel te stoor. (Let wel: Party mobiele toestelle vereis ’n bykomende app om lêers af te laai. As die JW Library-app op jou mobiele toestel geïnstalleer is, stel ons voor dat jy dit gebruik vir video’s wat jy wil aflaai of wat jy wil speel as jy van lyn af is.)

  • Kliek op die Deel-knoppie om vir iemand ’n skakel na die video te stuur. Vir meer besonderhede kyk na “Stuur ’n skakel na ’n artikel, video of publikasie aan iemand.”

  • Om na die video in ’n ander taal te kyk, kies die taal wat jy wil hê uit die Taal-kieslys langs die titel van die video.

 Speel al die video’s in ’n kategorie of in ’n versameling

Kliek op die Skommel-knoppie op ’n videokategorie-blad om al die video’s sonder volgorde te speel.

Daar is twee maniere om na al die video’s in ’n versameling in ’n kategorie te kyk:

  • Kliek op die Speel alles-knoppie langs ’n versameling video’s om al die video’s in die versameling te speel in die volgorde wat hulle op die blad verskyn.

  • Kliek op die Skommel-knoppie langs ’n versameling video’s om al die video’s in die versameling sonder volgorde te speel.

Let wel: Die video’s sal ophou speel wanneer al die video’s in die kategorie of versameling klaar gespeel het.

 Beheer ’n video

Beheer ’n video soos volg:

  • Kliek op die Volskerm-knoppie om die volskerm-opsie te gebruik of weer af te sit.

  • Kliek op die Pouseer-knoppie om die video te pouseer.

  • Kliek op die Speel-knoppie om die video verder te laat speel.

  • Skuif die Vorderingsaanwyser vorentoe of agtertoe om na verskillende dele van die video te gaan.

  • Kliek op die Volume-knoppie en skuif die aanwyser om die volume te verstel. As jy ’n mobiele toestel gebruik, kan jy ook die klank-knoppie van die toestel gebruik.

 Verander video-instellings

Kliek op die Instellings-knoppie en kies die resolusie waarin jy die video wil kyk. (Let wel: Hierdie kenmerk word nie deur alle webblaaiers ondersteun nie.)

Wat beteken hierdie syfers? Hoe hoër die syfer is, hoe beter sal die kwaliteit van die video wees, wat ’n vinniger Internetverbinding vereis. Kies die resolusie wat die beste werk vir die spoed van jou Internet, jou skermgrootte en jou begroting.

Die volgende tabel verduidelik elke videoresolusie:

Resolusie

Beskrywing

240p

Laagste kwaliteit. Werk goed op klein mobiele toestelskerms.

360p

Lae kwaliteit. Werk goed op klein mobiele toestelskerms.

480p

Standaard-beeldskerpte. Werk goed op tablette, rekenaarskerms en TV skerms met standaard-beeldskerpte.

720p

Hoë beeldskerpte (HD). Werk goed op ’n rekenaarskerm met ’n skermresolusie van ten minste 1024 x 768 of op ’n HDTV met ’n resolusie van ten minste 1280 x 720.

Hoekom die videoresolusie verander? As jou Internetverbinding stadig is en jy vind dat die video die heeltyd pouseer of vashaak, is dit dalk beter om ’n video met ’n laer resolusie te kies. Kies die hoogste resolusie wat die beste vir jou rekenaar of toestel werk. Jy kan ook ’n laer resolusie kies as jy geld of Internetdata wil spaar.

Kliek op die Onderskrifte-knoppie om onderskrifte aan of af te skakel in dieselfde taal as die klankbaan van die video.

Let wel: Onderskrifte is nie vir al die video’s beskikbaar nie.