Spring na inhoud

11 AUGUSTUS 2017
TAIWAN

’n Suksesvolle program vir alternatiewe burgerlike diens in Taiwan

’n Suksesvolle program vir alternatiewe burgerlike diens in Taiwan

In die jaar 2000 het Taiwan ’n program vir alternatiewe burgerlike diens begin. Dit laat gewetensbeswaardes toe om nasionale diens te doen wat nie teen hulle gewete is nie. As deel van die program kan persone wat gewetensbeswaar teen militêre diens aanteken, kies of hulle in hospitale of verpleeginrigtings wil werk of ’n ander soort openbare diens wil doen. Hierdie program was ’n groter sukses as wat enigiemand verwag het. Dit was voordelig vir die gemeenskap in Taiwan en die gewetensbeswaardes omdat hulle nie meer tronk toe gestuur word as gevolg van hulle neutraliteit nie.

Die volgende video verduidelik hoe Taiwan se program vir alternatiewe burgerlike diens begin het en hoe dit werk. Dit beantwoord algemene vrae van persone wat daarteen gekant is. En persone wat by die program betrokke is, vertel ook watter uitwerking dit op hulle het. Mnr. Koe-Enn Lin, direkteur-generaal van die Nasionale Dienspligagentskap, sê: “Ek hoop regtig dat ander lande uit ons ondervinding sal leer.”