DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE Maart 2014

In hierdie nommer kan jy leer hoe ons ’n selfopofferende gees en ’n positiewe beskouing van onsself kan behou. Hoe kan ons na bejaarde medegelowiges en familielede omsien?

Ongelowige familieledeHoe om hulle hart te bereik

Wat kan ons leer uit Jesus se optrede teenoor sy familielede? Hoe kan ons familielede wat nie soos ons glo nie, van ons oortuigings vertel?

Hoe om ’n selfopofferende gees te behou

Ons het ’n vyand wat ons selfopofferende gees op subtiele wyse kan ondermyn. Hierdie artikel sal daardie vyand identifiseer en toon hoe ons die Bybel kan gebruik om daarteen te stry.

Hoe om ’n positiewe beskouing te behou

Waarom sukkel baie met ’n negatiewe beskouing? Hierdie artikel toon hoe ons die Bybel kan gebruik om ’n positiewe beskouing van onsself te behou.

GesinsaanbiddingKan julle dit genotvoller maak?

Kyk hoe gesinne in verskillende lande gesinsaanbidding doen en kry nuttige wenke.

Betoon agting aan die bejaardes onder julle

Ondersoek God se beskouing van bejaardes. Watter verantwoordelikhede het volwasse kinders teenoor hulle bejaarde ouers? Hoe kan gemeentes agting betoon aan bejaardes?

Die versorging van bejaardes

Bejaarde ouers en volwasse kinders kan bespreek watter voorbereidings getref moet word en besluite geneem moet word voordat “die rampspoedige dae” aanbreek. Hoe kan hulle van die uitdagings die hoof bied?

Jou woord“Ja en tog Nee”?

Christene moet by hulle woord bly en nooit “Ja en tog Nee” sê nie. Sê nou ons moet ’n afspraak kanselleer? Leer uit die apostel Paulus se voorbeeld.