DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE Augustus 2017

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 25 September tot 22 Oktober 2017.

Is jy bereid om geduldig te wag?

Getroue knegte van Jehovah in Bybeltye het gevra hoe lank hulle beproewinge moes verduur, maar God het hulle nooit veroordeel omdat hulle dit gevra het nie.

‘Die vrede van God gaan alle denke te bowe’

Wonder jy dalk waarom God toegelaat het dat jy sekere beproewinge verduur wat jy nie verwag het nie? Indien wel, wat kan jou help om aan te hou volhard met volle vertroue in Jehovah?

LEWENSVERHAAL

Volharding tydens beproewinge lei tot seëninge

Waarom sou mense in Siberië sê dat hulle na koeie soek as hulle eintlik in skape belanggestel het? Lees meer hieroor in Pawel en Maria Siwoelski se baie interessante lewensverhaal.

Hoe om die ou persoonlikheid vir eens en vir altyd af te lê

Dit is een ding om die ou persoonlikheid af te lê, maar dit is iets anders om nie toe te laat dat dit weer ’n houvas op jou kry nie. Hoe kan ons dit regkry al het ons verkeerde dinge gedoen?

Hou aan om jou met die nuwe persoonlikheid te beklee

Met Jehovah se hulp kan jy die soort persoon word wat hy wil hê jy moet wees. In hierdie artikel sal ons leer hoe om medelydend, goedhartig, nederig en sagmoedig te wees.

Liefde—’n Kosbare eienskap

Die Bybel sê dat liefde net aangekweek kan word met die hulp van die heilige gees. Wat is liefde? Hoe kan jy dit aankweek? En hoe kan jy elke dag wys dat jy ander liefhet?

UIT ONS ARGIEF

“Wanneer is ons volgende byeenkoms?”

Waarom was ’n klein streekbyeenkoms in Mexikostad in 1932 so merkwaardig?

Vrae van lesers

Waarom verskil Matteus en Lukas se verslae oor die eerste paar jaar van Jesus se lewe?