DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE Mei 2018

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 9 Julie tot 5 Augustus 2018.

LEWENSVERHAAL

’n Arm begin — ’n Ryk einde

Samuel Herd het arm grootgeword, maar later het hy geestelik ryk geword, ryker as wat hy ooit kon droom om te wees.

Vrede — Hoe kan jy dit vind?

Ons lewe in ’n wêreld waar daar baie probleme is, en daarom moet ons hard werk om vrede te hê. God se Woord kan ons hiermee help.

Jehovah is lief vir mense wat “met volharding vrug dra”

Ons voel dalk moedeloos wanneer ons in ’n gebied preek waar min mense na ons wil luister. Maar ons almal kan in ons bediening vrug dra, maak nie saak waar ons preek nie.

Hoekom ons baie “vrug bly dra”

Dit is belangrik om die redes hoekom ons preek, duidelik in gedagte te hou.

Ken jou vyand

Ons weet hoeveel invloed Satan het en wat sy planne is.

Jongmense — Veg teen die Duiwel

Ons almal is besig met ’n geestelike geveg. Selfs jongmense kan hierdie geveg wen, want hulle het die regte wapenrusting aan.

’n Oorvloedige oes!

In een gebied van Oekraïne, is ’n kwart van die bevolking Jehovah se Getuies!